George Herald

Rekords spat by tweekamp

-

Vyf SA rekords, agt provinsial­e rekords en vyf byeenkomsr­ekords is verlede Saterdag op Oudtshoorn by die Highgate interprovi­nsiale tweekampby­eenkoms opgestel.

Johan Windt (Eden) en Marille Bass (WP) het die SA rekords verbeter.

616 atlete het deelgeneem.

Die WP het die spanbeker gewen gevolg deur Boland, OP en Eden.

Die vier topatlete by vanjaar se byeenkoms was:

Senior victor ludorum: Johan Windt (Eden) en Micheal Forbes (Grens).

Senior victrix ludorum: Kelly Vroom (WP).

Junior victor ludorum: Matthew van Coller (OP).

Junior victrix ludorum: Anke Serfontein (OP).

Eden se vier medaljes is deur Johan Windt, Edie Lutsch, Damian Smith en Landré Cope ingepalm.

'n Hele paar Eden-atlete het medaljes net-net gemis: Emma Lotter (2242

4), Ruben Gouws (2349 4), Landré Botes (2213 4), Michelle Human

(2166 4), Walter Lutsch (2272 4), Stef Schoeman (2137 5), Cara Bergh (2157 5) en Jada Coetzee (2204 7).

Die volgende ligabyeenk­oms is op Mosselbaai op 11 Februarie gevolg deur die Liga 2-byeenkoms in George (18 Februarie) en dan die Liga 3-byeenkoms op Oudtshoorn

(25 Februarie). Die Edenkampio­enskappe is op 3 Maart op Oudtshoorn.

Die Highgate-volstruisp­laas het die interprovi­nsiale byeenkoms, die grootste nog, vir die 26ste keer geborg.

Die burgemeest­er van Oudtshoorn, Colan Sylvester, was die gasspreker by die geleenthei­d. As die sukses van dié byeenkoms 'n aanduiding is van die SA kampioensk­appe van 20-21 Maart op Oudtshoorn, wag daar 'n groot skouspel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa