George Herald

Jacobs-familie verlang afsluiting

- Salette Cloete

Die Jacobs-familie van Borcherds sal graag 'n traumaties­e episode in hul lewens wil afsluit, maar hulle is die geleenthei­d ontneem.

Nicole Jacobs (18) het op 23 Januarie geboorte geskenk aan 'n doodgebore babaseuntj­ie. Sy is kortliks kans gegee om hom vas te hou - net lank genoeg om 'n foto te neem. Hy is daarna weggeneem. Sy vertel 'n verpleegst­er het kort daarna na haar en die kind se pa gekom en gevra dat hulle 'n vorm moet teken. "Ek was nie by my volle positiewe nie, en het aanvaar die vorm is vir mammas wie se babas dood gebore is."

Met skok moes sy 'n dag later uitvind dat daardie vorm toestemmin­g gegee het vir die verassing van die baba. Chaida Jacobs, Nicole se ma, sê niemand het die prosedure aan haar dogter of aan haar verduideli­k nie. "Ek sou mos nie planne maak om die kindjie te begrawe as ons ingelig was van sulke prosedure nie. Ek sou aandring om afskeid te neem van my kleinkind."

Wat haar en Nicole die meeste grief, is toe hulle navraag doen oor die baba sodat sy hom kan vashou, kon die personeel nie verslag doen nie. "Hulle het rondgeval en in dromme en yskaste begin soek vir die kind. Niemand kon ons sê waar hy is nie."

George Herald het vertroulik uitgevind dat daar altyd seker gemaak word wat die familie wil hê, voor enige vorms geteken word en besluite geneem word. Die persoon sê dit is ook vreemd dat die kind so gou veras is. "Gewoonlik gee hulle die familie kans om oor die trauma te kom voor so iets gedoen word. En die ondernemer aan diens word gevra om die lykie te gaan haal en te hou tot die ouers besluit het."

Nadia Ferreira, 'n woordvoerd­er vir die departemen­t gesondheid, sê hulle wil hul innige meegevoel deel met die ouers en familie. "Dit is 'n sensitiewe saak wat tans deur die hospitaal ondersoek word en waarna terugvoeri­ng aan die familie gegee sal word. Protokol hang af van die gewig van die baba met geboorte, maar ouers het altyd 'n keuse oor wat met die liggaampie moet gebeur." Die Jacobse eis ‘n verskoning van die hospitaal.

 ??  ?? Nicole en Jordan Jacobs, net na hy gebore is.
Nicole en Jordan Jacobs, net na hy gebore is.
 ??  ??
 ??  ?? Chaida Jacobs
Chaida Jacobs
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa