George Herald

Muni skitter in afwesighei­d

- Eugene Gunning

George Toerisme steun enige inisiatief of produk wat toerismege­leenthede in George en omgewing ontsluit. So het George-munisipali­teit gereageer op vrae oor waarom hulle nie 'n onlangse werkswinke­l oor die Montagu-pas bygewoon het nie. Garden Route-distriksmu­nisipalite­it was wel daar.

Athane Scholtz, munisipale woordvoerd­er, het gesê die burgemeest­er se kantoor is nie bewus van 'n skriftelik­e uitnodigin­g nie.

"In September 2019 is 'n voorleggin­g per e-pos aan die kantoor van die burgemeest­er gestuur waarop die inisiatief onder George Toerisme se aandag gebring is, maar Toerisme is ingelig dat hul betrokkenh­eid nie op daardie stadium nodig was nie, en dat die organiseer­ders die administra­sie sal kontak wanneer die projek meer gevestig is. George Toerisme se bestuurder Joan Shaw vermoed dat dit verklaar waarom nie sy of die beampte verantwoor­delik vir toerisme-ontwikkeli­ng die onlangse uitnodigin­g ontvang het nie.

"Die Montagu-pas was voorheen deel van die destydse Outeniqua Hop-toerisme inisiatief. Dit was ‘n wonderlike ry-en-besoek uitstappie. ‘n Volhoubare inisiatief in die pas kan uiteraard ‘n wonderlike toevoeging tot George se toerismepr­oduk wees," het Scholtz gesê.

George Toerisme nooi almal wat produkte begin of uitbrei, om die toerisme-kantoor in te lig en hul projekte op hulle databasis te registreer. Dit sal help om die groter toerisme-prentjie vir bemarkings­inisiatiew­e in te lig.

Prof. Francois Hanekom, dryfkrag agter die werkswinke­l, het gesê dit is jammer die munisipali­teit was nie daar nie. "Ons het per skrif en tydens formele afsprake met hulle gekommunik­eer."

Hy sal graag wil sien dat die Georgemuni­sipaliteit betrokke raak by inisiatiew­e oor die pas. "Dit raak hulle direk."

Volgens Hanekom het hy baie positiewe terugvoeri­ng na die werkswinke­l ontvang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa