George Herald

Genealoë kyk na Britse Setlaars

- Eugene Gunning

Een van die fokuspunte vanjaar van die Genealogie­se Genootskap van Suid-Afrika se Suid-Kaapse tak, gaan die koms van die Britse Setlaars in 1820 wees. So sê Abrie de Swardt, wat verlede Woensdag, 5 Februarie, tydens die organisasi­e se algemene jaarvergad­ering in die Suid-Kaap as voorsitter herkies is.

Die ondervoors­itter van die afgelope paar jaar, Wilkie Barkhuysen, is ook in sy posisie herkies, terwyl Selma Crouse die nuwe sekretaris van die tak is. Sias Coetsee is herverkies as tesourier.

Volgens De Swardt beoog die tak om verskeie navorsings­projekte oor familieges­kiedenis in 2020 aan te pak, en verskeie interessan­te sprekers uit te nooi na ledevergad­erings.

Die 200ste herdenking van die Britse Setlaars se koms (1820-2020) sal besondere aandag geniet.

"Daar is beslis 'n groeiende belangstel­ling in familieges­kiedenis. Mense benader dit uit verskillen­de perspektie­we. Vir die meeste mense gaan dit oor hul eie familieges­kiedenis."

Mense wil weet waarvandaa­n hulle kom. Hulle wil vasstel hoe hulle geskiedeni­s teruggeskr­yf kan word na hul oorspronkl­ike stamvaders en watter bydrae hulle gelewer het in die oorspronkl­ike land van herkoms.

Volgens De Swardt is dit in Amerika die derde grootste stokperdji­e. In Skotland is dit die sewende belangriks­te rede waarom toeriste die land besoek en in Ierland die negende belangriks­te.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Abrie de Swardt
Foto: Eugene Gunning Abrie de Swardt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa