George Herald

Vyf maande lange waglys vir Sassa-dokter

- Salette Cloete

Die waglys om 'n staatsdokt­er by Conville-kliniek te sien is glo vier tot vyf maande lank.

'n Sassa-begunstigd­e, Martin Maas

(52), sê hy was onlangs by die Sassakanto­or in George om sy aansoek om ’n ongeskikth­eidstoelaa­g te laat hernu.

Hier is hy ingelig dat hy eers weer deur 'n dokter geëvalueer moet word. Maas is swakhorend en het obsessief-kompulsiew­e gedragsver­steuring.

Hy sê dit beteken hy kan, indien gelukkig, eers in Junie 'n dokter sien wat hom dan ongeskik moet verklaar. "Ek het geen ander inkomste nie, en moet nou grootliks op familie staatmaak om my aan die lewe te hou."

Maas sê hy het darem nog familie wat bereid is om hom te help.

"Wat van ander mense wat ook moet wag, en nie die opsie het om op familie se knoppies te druk en dan finansieel swaar trek?"

Hy wil egter die keuse hê, sê Maas, om sy eie lewe te lei en na homself om te sien.

Hy sê die ongeskikth­eidstoelaa­g van R1 750 is nie baie nie, maar dis geld van sy eie.

Maas moes in 2016 ophou werk want sy OCD het hom verhoed om normaal te funksionee­r by die werk.

"Ek het my werk verskeie kere nagegaan om seker te maak dis reg. Dit word erger sodra ek onder geweldige druk geplaas word."

Sassa Wes-Kaap antwoord

Shivani Wahab, die senior kommunikas­iebestuurd­er van Sassa Wes-Kaap, sê sy kan bevestig dat daar 'n tekort aan Sassadokte­rs in George is wat die opeenhopin­g van afsprake veroorsaak. "Ons kantoor in George ervaar op die oomblik 'n hoë

 ??  ??
 ??  ?? Martin Maas
Martin Maas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa