George Herald

Tonge los oor PW Botha

- Eugene Gunning

Die naam PW Botha maak uiteenlope­nde emosies wakker onder inwoners. Nadat George Herald verlede week berig het dat Abrie de Swardt, jare lange inwoner, vra dat daar darem iets van wyle Botha behoue moet bly ter wille van die groot bydrae wat hy tot George gelewer het, het mense sterk standpunt ingeneem.

Verskeie mense het op die koerant se Facebook-blad gereageer en duidelik is daar twee kampe: die daarvoor en die daarteen.

De Swardt se pleidooi het gekom nadat PW Botha Kollege onlangs besluit het om die skool se naam te verander na die Hoër Tegniese Skool Eden.

Daarna het dit ook bekend geword dat pogings aangewend word om die naam van PW Botha-boulevard in die nywerheids­gebied te verander.

Gesiena du Preez het op Facebook haar steun vir De Swardt se pleidooi gegee: "Ek stem volkome saam" en Helen Harper senior ook: "Absoluut."

Marius Pelser het geskryf dat Botha baie vir die gemeenskap van George gedoen het en Magda van der Westhuysen het geskryf dat sy saamstem, ofskoon sy nie 'n ondersteun­er van Botha was of is nie.

Hilton Wildemans het opgemerk: "Ek stem... Vir geskiedeni­s doeleindes."

Ricardo Moolman het geen twyfel gelaat oor hoe hy dink nie: "Hy moet march."

Kelvin Solomons het gewonder of dit nie 'n grap is nie. Dis 13 Februarie en nie 1 April nie.

John Ranna het onder meer geskryf: "Al sou hy 100 hospitale en 200 lughawens goedgekeur het of wat ook al vir die ekonomie van die dorp beteken het.. hy het ons onderdrukk­ing goedgekeur.. en so sal

Ons streef na goeie samewerkin­g in SuidAfrika­anse gemeenskap­pe. Elke gemeenskap moet sy standpunt kan stel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa