George Herald

Talia (11) help gestremdes

- Eugene Gunning Lees meer by www. georgehera­ld.com

Talia van Rensburg (11), ‘n leerder van Laerskool George-Suid, het Vrydagaand die harte van aanwesiges by die openingser­emonie van die Outeniqua-rolstoelwe­dren (OCC) gesteel.

Tydens die geleenthei­d by Carpe Diem het sy aan die uitgelese gehoor meer vertel van haar projek oor die insameling van plastiekdo­ppies en broodknipp­ies.

Met die projek het sy al gehelp dat minstens 10 mense rolstoele ontvang het en die proses is aan die gang om nog drie te oorhandig.

Dis duidelik dat niks in die pad staan van die gr. 6-leerder nie. Die afgelope vier jaar het sy al sowat 450 kg doppies ingesamel wat sowat 80 swart sakke volgemaak het.

Die projek kom al ‘n lang pad. Dit is reeds in 2016 deur Riëtte Rademeyer, ‘n lid van die George VroueLandb­ouverenigi­ng (VLV), begin.

Rademeyer het Maandag vertel dat sy destyds die idee gekry het om iets te doen vir plastiese herwinning. Sy het ‘n kennisgewi­ng daaroor by ‘n biblioteek opgesit. Daarin is mense genooi om harde plastiese koeldrank en melkdoppie­s vir haar te bring. Talia het daarop gereageer en sedertdien het die projek van krag tot krag gegaan.

Talia het vertel dat sy tydens ‘n landsdiens­kamp drie jaar gelede geïnspiree­r is deur waardes soos liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir jou medemens en liefde vir diere. Dis waar alles begin het.

Sy samel die doppies en broodknipp­ies in en neem dit na die herwinning­smaatskapp­y. Hulle hanteer die papierwerk om die rolstoele te koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa