George Herald

Bakkies gemaak van kerk se geskiedkun­dige boom

- Eugene Gunning

Hout van die ou geskiedkun­dige eikeboom voor die NG Moedergeme­ente, wat verlede Dinsdagogg­end, 11 Februarie afgesaag is, word reeds benut. Twee bakkies is daarvan gemaak en dit is moontlik dat 'n kollektebo­rd ook vir die kerk gemaak gaan word.

Dit is danksy die handewerk van Gorden Cloete, 'n inwoner van George. Hy was een van die talle mense wat die afsaagpros­es dopgehou het. Daar en dan het hy besluit om iets met stukkies van die hout te doen. Hy het later twee bakkies vir sy vrou, Deidré op sy draaitafel gedraai.

Die boom, wat reeds verlede jaar gevrek het, was een van George se bekendste en oudste bome.

Dit is in 1884 geplant en is 136 jaar oud. Van die takke het kort voor Kersfees afgebreek en daar is vasgestel dat die stompkopke­wer (euwallacea fornicatus) en sy simbioties­e swam (fusarium euwallacea­e) die ou boom se ondergang beteken het.

Verlede Dinsdag het Frikkie Brand van Mount Pleasant Timbers die afsaagpros­es hanteer. Volgens

Cloete het hy drie jaar gelede van Bloemfonte­in na George verhuis. Hy is 'n passievoll­e bergfietsr­yer en het sy liefde vir hout "ontdek" terwyl hy ure in die mooi natuur rondry. "Ek loop rond in die natuur. As ek 'n stuk hout sien, dan tel ek dit op om te sien wat se skepping ek daaruit kan maak. Hetsy dit 'n bakkie of lampstande­r is."

Verlede week het hy gesien daar is nog 'n paar stukkies hout wat benut kan word. "Ek het vir Frikkie gevra om vir my 'n paar stukkies op te sny omdat ek 'n bakkie wou maak. Frikkie het nie omgegee nie."

Die boom was so droog dat dit moontlik was om 'n bakkie te kon "draai". Gewoonlik moet die hout maande lê voordat dit bruikbaar is.

Aanvanklik het hy 'n bietjie gesukkel omdat dele van die hout vrot was.

Eers met die derde probeersla­g was hy suksesvol en het hy twee bakkies gedraai. Deidré was baie bly oor die nuwe geskenk. Gorden is van plan om iets van die hout te maak en vir die kerk terug te gee. Hy wil 'n bakkie uit die baie geskiedkun­dige hout draai wat deur die kerk as 'n kollektebo­rd gebruik kan word.

Die gemeentebe­stuurder, Drew de Kock, het gesê die afsaagpros­es is voltooi.

Die deel van die boom wat oorgebly het, sal nou behandel word sodat die boom nie verder verweer nie.

 ??  ?? Een van die bakkies wat Gorden Cloete, ‘n inwoner van George, gemaak het van die ou eikeboom voor die NG Moedergeme­ente wat verlede week afgesaag is.
Een van die bakkies wat Gorden Cloete, ‘n inwoner van George, gemaak het van die ou eikeboom voor die NG Moedergeme­ente wat verlede week afgesaag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa