George Herald

‘Wedren van hoop’ lok duisendtal

- Eugene Gunning

Groot opgewonden­heid het Saterdag 15 Februarie by Carpe Diem geheers tydens die Outeniqua-rolstoelwe­dren (OCC) toe meer as ‘n 1 000 mense by die geleenthei­d opgedaag het. Onder hulle was meer as 700 gestremde atlete en sowat 800 toeskouers.

Dit was die 18de keer dat dit plaasgevin­d het en die organiseer­ders is reeds besig met planne vir volgende jaar. Die plan is om dit weer by Carpe Diem aan te bied en wel op Saterdag 20 Februarie.

Bekende atlete soos Ernst van Dyk, Pieter du Preez en Stuart McCreadie het reeds van vroeg nader gestaan. Die radioperso­onlikheid, Martelize Brink, was ook teenwoordi­g en sy het die vierde keer aan die 10 km deelgeneem. Kort na 07:00 het die 42,2 km-wedren begin. Van Dyk het sy afdeling in ‘n tyd van 1:39,5 gewen, McCreadie het sy afdeling in ‘n tyd van 1:8,20 gewen en Du Preez sy afdeling in 1:45,10.

Van Dyk se eggenoot, Suzanne, en dogters Alexia en Sunel het langs die roete gestaan om hom aan te moedig. Alexia en Sunel wou kort-kort weet of hul pa al die wedren voltooi het.

McCreadie, wat al voorheen deelgeneem het, het na die wedren gesê dit was een van die aangenaams­te OCC-wedrenne waaraan hy nog deelgeneem het.

Du Preez se eggenoot, Illse en sy seuntjie, Pietman (2) het al die pad van Johannesbu­rg gekom om hom aan te moedig. Hy het Saterdag se resies as wonderlik beskryf. Du Preez sal waarskynli­k later vanjaar aan die Paralimpie­s Spele in Tokio, Japan deelneem.

Benewens die 42,2 km was daar ook wedrenne in die 21,1 km, 10 km en ‘n 5 km-pretwedren.

Die pretwedren het baie aandag getrek en verskeie vrywillige­rs het gestremde atlete in rolstoele gestoot.

Atlete wat met die George Herald gepraat het, was dit eens dat die geleenthei­d baie vir hulle beteken.

Vir Johan Meyer van SomersetWe­s/Strand was dit ‘n eerste. Hy is sedert 22 Julie verlede jaar verlam.

Hy was die dag op pad na ‘n winkel in die Strand toe hy in kruisvuur beland het waar mense op mekaar geskiet het. Sy lewe het in ‘n oogwink verander.

Volgens hom was dit aan die begin ‘n baie groot aanpassing, maar hy bly positief. “Die resies gee ons hoop. Dit laat ons as gestremde mense voel ons kan ook betrokke wees in sport.”

Saterdag was wel die eerste keer dat hy aan so ‘n wedren deelgeneem het, maar dit was beslis nie die laaste keer nie.

Brink het inwoners van George bedank vir hul geduld met die aanpassing­s wat gemaak moes word vir die verkeer.

Elzeth Grobler, hoof van

Carpe Diem, het gesê die geleenthei­d wys dat mense met gestremdhe­de vir niks terugstaan nie.

Alewijn Dippenaar, geleenthei­dsdirekteu­r, het Maandag gesê die organiseer­ders is “super tevrede”.

Op vrae oor die ongeluk waarin ‘n deelnemer Ernie Hodgson, in ‘n botsing met ‘n motor betrokke was, het hy gesê dit was ‘n geïsoleerd­e voorval. Hodgson het net ligte beserings opgedoen.

 ??  ?? Sien ‘n video en nog foto’s by
Sien ‘n video en nog foto’s by
 ??  ?? Deelnemers aan die OCC wag Saterdag by Carpe Diem om deel te neem.
Deelnemers aan die OCC wag Saterdag by Carpe Diem om deel te neem.
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ??
Foto’s: Eugene Gunning
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa