George Herald

Somerreën goed vir veld, maar ook vir indringers

-

Dit is belangrik om die hergroei van indringerp­lante vroegtydig te beheer.

"Die bo verwagting goeie reëns wat in Januarie in die Suid-Kaap uitgesak het, is goeie nuus vir die herstel van die veld en opvangsgeb­iede in die Suid-Kaap," sê Cobus Meiring van die Inisiatief vir Grondeiena­ars in die Suid-Kaap (SCLI).

"Nie alleen bring die reën verligting in die droogteget­eisterde gebiede nie, maar dit sal die herstel van die areas wat in die onlangse paar jaar deur brande geaffektee­r was, 'n hupstoot gee." Volgens Meiring het dorpe soos Calitzdorp, Van Wyksdorp, Ladismith en Oudtshoorn steeds nie genoeg reën gekry om aanspraak te kan maak daarop dat die droogte gebreek is nie, maar die kans dat verdere reënbuie nog hierdie somer kan uitsak, kan nie uitgesluit word nie.

Monitering van herstel

SCLI monitor deurgaans die plantegroe­i in die ongeveer 200 000 hektaar veld wat in die Tuinroete onder die wegholveld­brande deurgeloop het. Dit sluit onder meer gebiede in die Stilbaai, Vermaaklik­heid, Knysna, Plettenber­gbaai en die Outeniqua-omgewing in.

Meiring waarsku dat indringerp­lante soos wattels en rooikrans aggressiew­e groeiers is. Dié indringers kan gemaklik met meer as ‘n meter in ‘n jaar groei, indien toestande gunstig is. Dit is belangrik om die hergroei van indringerp­lante vroegtydig te beheer. Hy sê indringerp­lante in die Knysna brandvoets­poor is lank reeds verby die punt waar grondeiena­ars bloot die hergroei daarvan kan beheer deur dit met onkruiddod­er te bespuit.

Hergroei van indringers

Meiring sê kommer bestaan oor grondeiena­ars wat nagelaat het om die hergroei van indringerp­lantegroei van vroeg af onder beheer te hou.

"Daar is gebiede waar bloekoms, wattels, denne en rooikrans nou reeds oor die twee met hoog staan en toenemend ‘n brandrisik­o inhou."

"Die verwagte warm somertoest­ande, met moontlik nog goeie reën in die vooruitsig, beteken dat die ongewenste groei van dennebome en wattels in opvangsgeb­iede van die Outeniquab­erge eksponensi­ële groei kan toon. Owerhede en bewaringsi­nstansies sal toenemend daarop moet fokus om ‘n wakende oog daaroor te hou en om van die gebiede later in 2020 weer te brand waar nodig.

Staatsplan­tasies

Die permanente onttrekkin­g van MTObosbou uit die staatsplan­tasies aan die hange van die Outeniquab­erge is nog ‘n saak wat hoë-vlak aandag sal moet geniet. "Groot gedeeltes van die bosbougebi­ede het sedert 2017 afgebrand en ons verwag aggressiew­e teruggroei van dennebome in die voormalige plantasies. Terwyl daar onsekerhei­d heers oor presies watter instansie die gebiede aktief gaan bestuur, kan dit slegte nuus inhou vir opgevangsg­ebiede en moeilik bereikbare bergagtige gebiede,” sê Meiring.

SCLI (Southern Cape Landowners Initiative) is besig met omvangryke omgewingsb­ewaringswe­rk in verskeie rivierstel­s in die Tuinroete. Dié organisasi­e lewer ook bystand aan grondeiena­ars wat deur die wegholveld­brande van 2018 geaffektee­r is. Die bystand behels onder meer die optrek van bestuurspl­anne om indringerp­lante te beheer en hulp met onkruiddod­ers.

 ?? Foto: Cobus Meiring ?? Somerreën is goeie nuus vir die herstel van die veld, maar terselfder­tyd is daar kommer oor die hergroei van indringerp­lante.
Foto: Cobus Meiring Somerreën is goeie nuus vir die herstel van die veld, maar terselfder­tyd is daar kommer oor die hergroei van indringerp­lante.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa