George Herald

Klasse by Conville val uitmekaar

- Salette Cloete

Conville Primêr is stadig besig om uitmekaar te val. Só beweer die skool se beheerligg­aam. Krake in die vloer aan die kante van die junior en senior blok, maak die skool baie onveilig.

Oliver Lottering en Nick Josephs wat die SBL verteenwoo­rdig, sê dit is van groot kommer vir hulle.

Josephs wat die voorsitter is, sê hulle moes reeds twee klasse in die junior blok sluit omdat dit onveilig is, en nou moet hulle dalk nog twee klasse in die senior blok ook sluit. Hy sê die twee klasse is reeds deur ingenieurs onveilig verklaar. reg nie.”

Hy sê hulle wil graag hê elke kind moet kwaliteito­nderrig kry, maar só is dit nie moontlik nie. Van die klasse is ook ontwrig, sê Lottering, omdat hulle probeer plek maak het vir almal. “Dit beteken die kinders verloor nou ‘n dag se skoolwerk.”

Sam Crowley, die hoof van

Conville Primêr, het George Herald na die departemen­t van onderwys verwys. Hy sê hy kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie, maar het dit aangemeld by sy kringbestu­urder.

Josephs sê die SBL gaan intussen probeer om na hul begroting te kyk, en ‘n paar goed rondskuif. “Ons wil kyk of ons binne die volgende maand of twee mobiele klaskamers kan kry. Ons wil nie terugsit en al die verantwoor­delikheid oorlaat aan die departemen­t nie. Ons wil self ook aan ‘n plan werk.”

Die Wes-Kaapse onderwysde­partement is genader vir kommentaar hieroor, maar het teen druktyd nog nie gereageer nie.

Ons wil self ook aan ‘n plan werk.

 ??  ??
 ??  ?? .UDNH RS GLH ERRQVWH YHUGLHSLQJ LV VR JURRW M\ NDQ WRW LQ GLH RQGHUVWH NODVNDPHU VLHQ 'LH RQYHLOLJH NODVVH KHW YHURRUVDDN GDW GDDU
NLQGHUV LQ HHQ NODV LV
.UDNH RS GLH ERRQVWH YHUGLHSLQJ LV VR JURRW M\ NDQ WRW LQ GLH RQGHUVWH NODVNDPHU VLHQ 'LH RQYHLOLJH NODVVH KHW YHURRUVDDN GDW GDDU NLQGHUV LQ HHQ NODV LV
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa