George Herald

Die getroude lewe is goed vir Gerber-egpaar

- Eugene Gunning

As 'n mens na George en Maggel Gerber kyk, is dit beslis die moeite werd om te trou. Hulle is op 2 Februarie verlede jaar getroud en ’n jaar later, lyk hul nog net so verlief. Hul mooi liefdesver­haal het mense verlede jaar aangegryp.

Die twee het oorspronkl­ik by die George-nagskuilin­g ontmoet. In Junie 2017 het hulle saam motors begin oppas en in Februarie 2018 het hulle verloof geraak. Sedert hul troue het baie dinge gebeur. George het weer 'n permanente werk. Maggel pas steeds voertuie by 'n winkelsent­rum op en na werk gaan haal George haar gewoonlik met hul bromponie.

Maggel se seun, Xander (16), woon sedert die tweede helfte van verlede jaar by hulle en hy 'n bietjie tonetrappe­ry, maar hulle los dit gou op.

George is baie dankbaar dat hy weer 'n permanente werk het. "Ek het baie daaroor gebid. Geloof in die Here speel 'n baie belangrike rol in ons lewens."

Maggel sê die grootste aanpassing vir haar was die besef dat sy nie alles alleen hoef te doen nie.

"In my vorige lewe was ek die broodwinne­r. Nou het ek iemand op wie ek kan staatmaak. Soms voel dit nog vreemd om vir George te vra om vir my iets te doen. Ek was gewoond om alles self te doen."

Die egpaar maak reeds planne vir die toekoms. Hulle sal nie omgee om 'n eie motor te besit nie. Hulle is gelukkig waar hulle nou woon, maar as hulle 'n bietjie groter plek kan kry sal hulle beslis belangstel.

 ?? Foto: Eugene Gunning ??
Foto: Eugene Gunning
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa