George Herald

George Garden Centre vier 30 jaar van kwaliteit

-

Toe Piet Dyzel verlede naweek sy 70ste verjaarsda­g gevier het, was dit nie nét 'n mylpaal verjaarsda­g nie, maar ook die herdenking van die familiebes­igheid se 30ste bestaansja­ar.

Familie vriende en medesakelu­i het Saterdagaa­nd, 15 Februarie, by die George Garden Centre (GCC), vroeër bekend as Die Plantjie Kwekery, saamgekom om dié twee hoogtepunt­e saam met die Dyzelfamil­ie te vier.

Tydens die geleenthei­d is 'n leeftyd van herinnerin­ge herleef terwyl pa Piet 'n terugblik gegee het op die laaste 30 jaar vandat hy en sy vrou, Emma, die kwekery begin het.

"Ek is baie trots om vandag, op my 70ste verjaarsda­g, te kan beleef hoe my seun, Piet jr., GGC met sukses uitbrei en klante wat ons oor die jare leer ken het, met trots dien. My kleinseun, Pieter, is ook al by die kwekery betrokke en sy pa se regterhand," het Dyzel tydens sy toespraak gesê.

Hy het verder vertel hoe sy dogter, Hannetjie en Piet jr. ook saam die Waentjie Kwekery, 'n tak in Stellenbos­ch, bestuur en uitgebrei het. Nie net is daar 'n wye verskeiden­heid van plante en tuintoebeh­ore by GGC beskikbaar nie, maar daar is ook 'n kerk en 'n restaurant, Oud en Jonk, op die perseel. Hier kan enigiets van troues tot verjaarsda­gpartytjie­s gehou word. Buiten gewone restaurant ure, is Oud en Jonk Sondae ook oop vir heerlike middagetes.

Vir meer inligting rondom die lokaal kan Hannes of Jacky by 082 826 4717 geskakel word.

Die boere in die omgewing en die publiek is reeds deeglik bewus van die goeie kwaliteit en verskeiden­heid van plante wat deur die Dyzels by GGC te koop aangebied word. Hulle spog veral met 'n opmerklike versamelin­g binnenshui­se plante. "Ons probeer altyd unieke plante aan die publiek verskaf en ons roem daar op om vriendelik­e diens te lewer. Almal is welkom om ons te besoek vir goeie afslagprys­e.

Ons is soos een groot familie en verwelkom almal," sê Dyzel.

George Garden Centre is geleë op die R102 (lughawe pad) en kan gekontak word by 044 876 9169 of 082 872 2529. Of stuur 'n e-pos na pdyzel@gmail.com

 ??  ?? George Garden Centre bied ‘n wye verskeiden­heid kleurvolle plante.
George Garden Centre bied ‘n wye verskeiden­heid kleurvolle plante.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa