George Herald

Waar gaan al die mense heen?

- Prof. Francois Hanekom

Die twee middeljari­ge getroudes het gereeld teen sononder hier by ons huis verbygesta­p. Gegroet en begin gesels. 'n Heerlike vriendskap het geblom. Skielik kom verras hulle ons: "Ons emigreer na Uruguay." Binne drie weke was hul weg.

Dit voel skielik of ons niks van Uruguay weet nie! Dit is die tweede kleinste staat in Suid-Amerika, met 'n Spaansspre­kende bevolking van slegs vier miljoen. Oppervlakg­ewys is dit vyf keer groter as Nederland; maar met vyf keer minder inwoners. Daar is meer bewerkbare grond as in Japan; met dertig keer minder mense. Vanaf onafhankli­kheid, finaal in 1828, het dit ontwikkel tot een van die vasteland se progressie­we gemeenskap­pe - demokratie­s, 'n sterk middelklas, en so meer. Die spore van onderdrukk­ende militêre heerskappy van 1973 tot 1985, met ekonomiese verval en faksievers­kille, is uitgewis. Heel natuurlik het dit tydelik gelei tot emigrasie, soos die Uruguaanse historikus, Galeano, dit gestel het: "We export our young".

Sowat die helfte van die bevolking woon in Montevideo, die hoofstad, aan die monding van die Río de la Plata. As jy daar sou wakker word, kan jy jou maklik verbeel jy is in 'n Europese stad - so sterk is die kultuur-neerslag van neëntien- en twintig-eeuse immigrante - veral Britte, Franse, Italianers en Spanjaarde. Van die inheemse bevolking is min oor. Minder as een-tiende is "mestizos" van gemengde Europees-Indiaanse herkoms. Dit wil mos maklik lyk om in so 'n gemeenskap te gaan aanpas!

Tweedens in hierdie bydrae, hoe lyk die geheel van Suid-Afrikaanse migrasie?

Dis moeilik om presies te bepaal omdat daar nie amptelik rekord gehou word nie. Ons kan wel rondkrap in Statistics South Africa, die United Nations Internatio­nal Migrant Database, asook die nasionale rekords van verskeie lande. Vir SuidAfrika­anse migrante is Nieu-Seeland, Australië, die Verenigde Koninkryk, Kanada, die VSA, Nederland, Ierland, Duitsland, die Verenigde Arabiese Emirate en Qatar bo-aan die lys, in hierdie volgorde. Werkgeleen­thede, sosiale orde, veiligheid en 'n goeie omgewing vir kinders grootmaak is van die vernaamste redes.

Daar is wel bewerings van 'n nuwe vlaag van emigrasie-navrae - soveel as 'n 70%-toename. Pasop vir vinnig oordeel - Pennington verwys na Buckham se navorsing: "While there is anecdotal evidence that white, skilled people are emigrating, there is no data to support the idea that the rate of emigration is accelerati­ng from the level it has been for more than 15 years." Aan die ander kant is daar bronne wat beweer dat "There is a growing concern that whites are leaving in droves."

Daar word maklik buite verband verwys na verskeie effekte op die geheel van die bevolkings­getal: "Stats SA's [2019] estimated an inflow of 1,01 million black Africans and 61 000 Indian/Asian people." Jammine, hoofekonoo­m van Econometri­x, het dit in 2019 in BizNews gestel dat "Already in 2016 and 2017 emigration escalated to 30 000 people per year." In die algemeen word die syfer as te hoog beskou; dis eerder in die omgewing van 23 000. Groot toevloei is veral na profession­ele geleenthed­e in sagteware en IT; ook vir boukundige­s, rekenmeest­ers en ingenieurs; en onderwys van verskillen­de profession­ele aard.

Ons Wêreld / Our World verskyn elke tweede week.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa