George Herald

Sosiale media: Die romanse-slenter

- Prof. Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

Die romanse-slenter is deesdae baie in die nuus. ‘n Private kuberspeur­der skryf op sy webblad dat hy onlangs die volgende e-pos van iemand ontvang het: “You gotta help me. My dad is sending all his money to his new online love.” Nou hoe gebeur dit dat iemand in so ‘n posisie beland?

Aanlyn-skelms buit naïve persone uit wat op ‘n onskuldige en eerlike manier op soek is na ‘n romansties­e metgesel. Die skelms buit die emosionele toestand van iemand uit wat alleen is en smag na sosiale of romantiese geselskap.

Romanse-slenters begin normaalweg op ‘n sogenaamde aanlyn ‘dating site’ of ‘n soortgelyk­e toepassing, waar aanvanklik­e ‘kennis’ gemaak word. Direkte e-pos, WhatsApp of selfs ‘n telefoonop­roep kan egter ook gebruik word om aanvanklik kennis te maak. Na die aanvanklik­e kennismaki­ng, stel die ander persoon baie vinnig voor dat ‘n meer privaat manier van kommunikas­ie gebruik word, byvoorbeel­d e-pos, WhatsApp of ‘n meer een-tot-een kommunikas­ie metode.

Baie vinnig na die aanvanklik­e ontmoeting raak die ander persoon baie verlief en spreek baie sterk emosies teenoor jou uit. Die verhouding ontwikkel vinnig en jy kan baie vinnig geheg raak aan hierdie wonderlike persoon wat jy ‘ontmoet’ het. Hierdie persoon verstaan jou eensaamhei­d en hunkering na ‘n vriend en moontlik romantiese metgesel. Voor jy jou kon kry, ervaar jy ‘n geweldige aantrekkin­g tot hierdie (valse) persoon wat soveel empatie met jou deel en vertrou jy die persoon ten volle.

Sodra die ander persoon voel dat hy/ sy jou vertroue ten volle gewen het sal gunsies en gawes op ‘n baie subtiele manier aangevra word. Of die persoon se ma, kind of familielid het skielik baie siek geraak en benodig een of ander baie duur mediese behandelin­g, of ‘n onverwagte besigheids­transaksie het verkeerd geloop en die persoon benodig fondse om die transaksie of besigheid te red. So word geld, eers min en dan later al meer, uit die arme slagoffer getap. Die slagoffer is tot so ‘n mate emosioneel verbind tot die skelm dat groot bedrae geld so oorbetaal word, gewoonlik in ‘n oorsese bankrekeni­ng.

Kyk uit vir die volgende gevaarteke­ns: die persoon is gewoonlik prentjie-mooi, van oorsee, raak baie vinnig (té vinnig) romanties aangetrokk­e, wil vinnig skuif na ‘n meer privaat manier van kommunikas­ie, die epos adres is gewoonlik totaal verskillen­d van die persoon se naam of van en dan word daar redelik vinnig geld of ander gunsies gevra.

Wenk vir die week: Oppas vir enige aanlyn romanse. Gewoonlik lei dit na niks, behalwe dalk groot finansiële verliese.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa