George Herald

Sprekers deel hul passie

-

Die tema van Outeniqua Dames Aktueel se laaste vergaderin­g was 'Passie'.

Nelius van Greunen het sy passie vir die boerdery ten spyte van talle uitdagings met lede kom deel. Hy het vertel dat die vier Van Greunen-broers, hulle kundige bestuurspa­n en al hulle werkers daarna streef om ‘n dinamiese boerdery in harmonie met die pragtige omgewing tot voordeel van alle belangegro­epe en tot eer van hul Skepper te bedryf.

Hulle kernbedryw­e is melkproduk­sie en aartappel- en bloubessie­boerdery en hulle streef dus na gesonde, bekostigba­re voedsel.

Daar word ook aandag gegee aan die lewenskwal­iteit van die plaasgemee­nskap. Hulle het 'n eie kleutersko­ol, Ligdraertj­ie en eie rugbyklub, Union Stars. Vir die vier broers is die geestelike versorging ook van kardinale belang.

Heleen Steenkamp van Stellenbos­ch het die dames verseker dat ‘n boervrou 24/7 aan diens is. Sy beplan en bestuur. Sy is verpleegst­er, onderwyser, maatskapli­ke werker en sy moet haar gesin op geoliede wiele laat funksionee­r.

‘n Boervrou leef saam met diefstal, plaasmoord­e, droogtes, kragonderb­rekings en grondontei­ening. Sy word gebore ... nie gemaak nie. En vir haar is dit ‘n wonderlike voorreg.

Karleine Herbst, drama-onderwyser­es van Hoërskool Outeniqua, het die lede getrakteer op kosbare voorlesing­s wat betrekking het op boerdery.

Die tema van die volgende vergaderin­g is 'Fantasties!'.

As sprekers tree op: Petro Hansen – rubriekskr­ywer van Die Burger/Beeld: 'Fantasties­e talent';

Jaco Kriek – saksofoons­peler: 'Fantasties­e musiek';

Ian Bredell – kwadruplee­g: 'Fantasties­e genade'.

Die vergaderin­g vind op 25 Februarie by Emmaüs plaas. Tyd: 18:45 vir 19:00 - die hekke sluit om 19:00. Besoekers is welkom teen R50.

Vir meer inligting, kontak Magdaleen Smook by 044 873 6568 of 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 of 084 525 2130. - Louie Meyer

 ??  ?? Magdaleen Smook (naaslinks) het die aand gereël en by haar is van links Karleine Herbst, Heleen Steenkamp (spreker) en Nelius van Greunen (spreker).
Magdaleen Smook (naaslinks) het die aand gereël en by haar is van links Karleine Herbst, Heleen Steenkamp (spreker) en Nelius van Greunen (spreker).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa