George Herald

Eerste 1ste plek vir Butz & Gutz

- Jannie Meyer

Jacques Vorster en sy Butz & Gutz-span wat reeds vir 'n hele paar jaar aan die handels-rolballiga deelneem, het in die Somerliga vir die eerste keer die topposisie op die ligalys ingeneem.

Hierdie prestasie is te danke aan 'n goeie oorwinning oor Bowling Stones in die eerste ronde van vanjaar se liga vir besigheids­panne wat by die Outeniquar­olbalklub aangebied word. Nou kom hulle vanaand (Donderdag) in die tweede ronde teen Just Property, wat in die tweede plek in die liga weggesprin­g het, te staan.

Eden Bouprojekt­e is met hul vierde plek die groentjies­pan wat die beste gevaar het danksy hul oorwinning oor Pik 'n Wyn. Hulle speel vanaand teen die ervare KTV wat vir Top Plan Bouers in die eerste ronde uitgestof en die derde plek ingeneem het.

Die wedstryde skop om 18:00 op die Outeniqua-rolbalklub se bane in Airwayweg, Heatherpar­k af.

Alle belangstel­lendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon. Ligte etes en 'n kontantkro­eg is beskikbaar.

Uitslae:

1 Butz & Gutz 14; 2 Just Property 14; 3 KTV 12; 4 Eden Bouprojekt­e 12; 5 Finovo 12; 6 Mac Dee Hops 11; 7 Carpet King 11; 8 Ricoh Sales 11; 9 Tyres & Treads 11; 10 Accidental Bowlers 11; 11 Ricoh 11; 12 SP Legal 10; 13 Bowling Stones 8; 14 Elbow Benders 8; 15 Kommaweer Stoffeerde­rs 8; 16 Meyerkon Konstruksi­e 8; 17 BBE Bolle Rollers 6; 18 Boksombend­e 5; 19 Talisman 5; 20 SPW 5; 21 Vor Jacks 5; 22 Bowlistics 5; 23 Tavcor 5; 24 4 Musketeers 4; 25 Incredible­s 4; 26 Top Plan Bouers 4; 27 Coastal Relax 2; 28 Diva's 2.

Wedstrydly­s:

Butz & Gutz t Just Property; KTV t Eden Bouprojekt­e; Finovo t Mac Dee Hops; Carpet King t Ricoh Sales; Tyres & Treads t Accidental Bowlers; Ricoh t SP Legal; Bowling Stones t Elbow Benders; Kommaweer Stoffeerde­rs t BBE Bolle Rollers; Meyerkon Konstruksi­e t Boksombend­e; Talisman t SPW; Vor Jacks t Bowlistics; Tavcor t 4 Musketeers; Incredible­s t Top Plan Bouers; Coastal Relax t Diva's.

 ?? Foto: Jannie Meyer ?? Butz & Gutz se manne wat baie ingenome is met hulle eerste plek op die punteleer is van links: Jacques Vorster, StephanVor­ster en Tiaan Lategan. Afwesig: Danie Liversage.
Foto: Jannie Meyer Butz & Gutz se manne wat baie ingenome is met hulle eerste plek op die punteleer is van links: Jacques Vorster, StephanVor­ster en Tiaan Lategan. Afwesig: Danie Liversage.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa