George Herald

Plakkers op hol oor water en virus

- Michelle Pienaar

Die tekort aan waterpunte en toilette in die plakkerska­mpe Moeggehuur en Schaapkopv­allei in New Dawn Park het verlede Sondag moeilikhei­d in die woonbuurt veroorsaak. Inwoners van die plakkerska­mpe is op hul senuwees oor die koronaviru­s en vrees dat hulle die siekte gaan kry weens 'n gebrek aan water en sanitasie.

Protesaksi­es oor dié gebreke het op dieselfde dag plaasgevin­d as die uitrol van die Go George-busdiens se fase 4B.

'n Groep van sowat 50 mense het aan die aksies deelgeneem. 'n Motorband is in Missionstr­aat gebrand, 'n transforma­tor is beskadig in New Dawn Park en die polisie is met klippe en puin bestook.

Lede van Publieke Orde Polisie-eenheid (Pops) moes skokgranat­e gebruik om die oproeriges uiteen te jaag.

Van die betogers is in hegtenis geneem, maar is later weer laat gaan. Hulle staar die volgende aanklagte in die gesig: openbare geweld, die verhinderi­ng van verkeersvl­oei en die beskadigin­g van openbare infrastruk­tuur (die teerpad).

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is die polisie se hulp ingeroep toe 'n Go-George-bus tussen die puin vasgekeer is. Die situasie is glo deur gesprekvoe­ring met munisipale amptenare ontlont, maar die betogers het kort daarna hergroepee­r en die polisie met klippe bestook.

'n Gemeenskap­sleier van Moeggehuur, Garden Route-raadslid Theresa Fortuin, veroordeel die geweld wat tydens die betoging plaasgevin­d het. Volgens haar het beide die polisie en die inwoners verkeerd opgetree.

Hulp is naby

Volgens Chantel Edwards-Klose, munisipale woordvoerd­er, sal die departemen­t van menslike nedersetti­ngs die toename van inwoners in die plakkerska­mpe evalueer, met die idee om ekstra waterpunte en ablusieger­iewe aan te bring. Fortuin het gesê hulle is dankbaar vir die hulp.

"Daar is te min water. Mense moet veral nou hulle hande baie was, en daar is net twee krane, wat nie sterk vloei nie. Die virus het almal op hol," het sy gesê.

Shaun Hector, 'n inwoner en gemeenskap­sleier van Schaapkopv­allei, sê daar is net een waterkraan en heelwat meer mense in hul nedersetti­ng.

"Die kinders drink met hul monde aan die kraan - so ook enige verbyloper."

Die vallei se mense wag glo steeds vir 'n spreilig, en Moeggehuur wag vir hul kragvoorsi­ening. Beide dienste is reeds goedgekeur.

 ??  ?? ‘n Motorband is in Missionstr­aat gebrand, ‘n transforma­tor is in New Dawn Park beskadig en die polisie is met klippe en puin bestook.
‘n Motorband is in Missionstr­aat gebrand, ‘n transforma­tor is in New Dawn Park beskadig en die polisie is met klippe en puin bestook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa