George Herald

73ste dag van inperking, maar gelukkig tuis in George

Die weermag en personeel van The Ranch het ons met ope arms ontvang en tuis laat voel.

- Alida de Beer

Reynard Rossouw het gister, Woensdag 1 April, sy 73ste dag van inperking tegemoetge­gaan, maar was verlig dat dit darem tuis by sy ma, Marianne, in George kon wees.

Rossouw was deel van die groep Suid-Afrikaners wat die regering uit Wuhan teruggebri­ng het. Hy het Dinsdagmid­dag tuisgekom nadat die groep se 14 dae kwarantynt­ydperk by The Ranch Lodge in Polokwane Sondag ten einde geloop het.

Sy tydjie by The Ranch was aangenaam, sê hy, en hy het twee goeie vriende gemaak wat soos 'n "tweede familie" vir hom geword het.

"Die weermag en personeel van The Ranch het ons met ope arms ontvang en tuis laat voel. Ons het vryheid gehad om binne die area van die hotel rond te beweeg, maar is nie toegelaat om die fasiliteit­e te gebruik nie. Die kos was heerlik en ons het TV in ons kamers gehad, maar ek het meer saam met my twee nuwe vriende gekuier."

Hy sê hulle was verras toe President

Cyril Ramaphosa hulle voor hulle vertrek kom groet het. Die groep is Maandag van Polokwane na Johannesbu­rg waar hulle in kleiner busse verdeel is wat hulle na hul onderskeie areas vervoer het. Hy het saam met 'n kleiner groep na Kaapstad gereis, waar sy pa hom ontmoet het en George toe gebring het.

"Die realiteit van my tuiskoms het nog nie heeltemal ingesink nie. Ek bly tans by my ma terwyl ek uitwerk wat ek gaan doen. Weens die inperking het ek nog nie enige bekendes gesien nie, maar ek sal wel 'n lekker kuier met my vriende en familie reël wanneer dit gelig word."

Chinese inperking gedissipli­neerd

Buiten sy vlug na Suid-Afrika en reis na George, het Rossouw nou al 73 dae van inperking meegemaak, maar hy glo dis die moeite werd. "Toe die inperking in Wuhan ingestel is, is alle dienste gestop. Mense is nie toegelaat om op straat rond te loop nie. Die polisie was vreeslik streng. Jy kon tronkstraf kry as jy onnodig buite was. Die Chinese inperking het met dissipline gepaard gegaan. Almal het hul samewerkin­g gegee om die virus te beveg, daarom dat almal se lewens nou weer kon terugkeer na normaal."

 ??  ?? Reynard Rossouw saam met die kolonel van die weermag wat aan die hoof van die operasie was om die groep uit Wuhan te verwelkom en hul veiligheid te verseker.
Reynard Rossouw saam met die kolonel van die weermag wat aan die hoof van die operasie was om die groep uit Wuhan te verwelkom en hul veiligheid te verseker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa