George Herald

Goeie buurtwagli­d aangeval

- Kristy Kolberg

Twee verdagtes het hulself aan die polisie oorgegee ná 'n ernstige aanval op 'n lid van die Pacaltsdor­p-buurtwag in George op Sondag 10 Mei.

Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is die polisie omstreeks 17:00 ontbied.

"'n Onbekende vloeistof is glo deur een van die verdagtes in sy [Jeff September (37)] se gesig gegooi. Die slagoffer is na die Georgehosp­itaal geneem. Hy het beserings aan sy linkeroog en linkerhand opgedoen."

Die verdagtes het hulself Sondag 17 Mei aan die Pacaltsdor­p-polisie oorgegee.

Hulle sou die volgende dag in die George landdrosho­f te verskyn, maar teendruk tyd was geen besonderhe­de beskikbaar nie.

'n Bron het aan George Herald gesê hulle vermoed dit was 'n wraakaanva­l aangesien September goeie werk doen en vele kriminele in die area laat les opsê.

Volgens September, het die aanranding begin toe hy met sy driejarige seuntjie op sy heup met sy buurvrou oor die hek gesels het.

'n Woordewiss­eling het glo tussen hom en een van die verdagtes ontstaan waarna September met 'n mes gedreig is.

"Om konfrontas­ie te vermy, het ek omgedraai en geloop. Die verdagte het weer verby my huis gekom en daar was 'n onderonsie tussen hom en my vrou. Ek het opgestaan om met hom te praat toe hy onverwags 'n vloeistof in my oë skiet. Dit het vreeslik gebrand en ek is huis-in om my oë uit te spoel toe die man en 'n groep van sy vriende my begin slaan."

Hy sê die vermeende booswigte het hom met skerp voorwerpe getakel. Vriende en bure het hom te hulp gesnel en kon daarin slaag om die aanvallers te verjaag.

'n Dossier van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook opsetlike saakbeskad­iging, word ondersoek.

Kontak sers. Vicy Gibson, by 044 803 9130 - alle inligting word vertroulik hanteer.

 ??  ??
 ??  ?? ‘n Vloeistof is in Jeff September se gesig gegooi tydens die aanval. INLAS: September se linkerhand is ernstig beseer.
‘n Vloeistof is in Jeff September se gesig gegooi tydens die aanval. INLAS: September se linkerhand is ernstig beseer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa