George Herald

Uilkuikens verskaf gemeentepr­et

- Alida de Beer

Die natuur gaan ongestoord sy gang tydens inperking en sorg selfs vir 'n bietjie afleiding vir gemeentele­de van die Blanco NG kerk.

Vyf nonnetjie-uilkuikens het uitgebroei in 'n nes in die kloktoring. Een van die leraars, ds. Francois Mulder, het die nes met eiers 'n paar weke gelede ontdek toe hy tydens Paasnaweek op Opstanding­sondag in die toring opgeklim het om die klok te lui saam met ander gemeentes in George. Hy het die nes in die hoekie van 'n platform langs die trappe opgemerk. Die klok is vir jare nie gelui nie omdat die tou gebreek het, maar sedert Paassondag klim Mulder elke Sondag op om die klok om 10:00 met die hand te lui om die oggenddien­s op YouTube aan te kondig. Die tou van die klok is herstel, maar hy gaan loer steeds elke Sondag hoe die 'Churchowl'-familie vorder. Tydens sy inspeksies is hy eers beloon met twee donserige bondeltjie­s in die nes, en 'n week later met nog drie aankomelin­ge.

"Ek het op Opstanding­sondag die klok drie minute gelui, maar daarna net 'n minuut, en die laaste twee Sondae net 30 sekondes ter wille van die klein uiltjies," sê hy. Vyf pare groot, donker oë hou hom dop wanneer hy sy selfopgele­gde Sondagogge­nd-taak uitvoer.

Sy vrou, Karina, het 'n pragtige waterverfs­kildery van' n nonnetjieu­il gemaak ter ere aan die kosbare vonds.

'n Kompetisie is op die kerk se Facebookbl­ad van stapel gestuur om name vir die kroos te kry. Voorstelle wissel van Winston Churchowl en Albus Churchowl tot Fransina en Francoisli­na (om aan hul 'peetpa' erkenning te gee), en Klokkie en Torinkie.

Volgens die Barn Owl Trust in Engeland, bly die ma-uil in die nes om die kuikens warm te hou vir ten minste drie weke nadat hulle uitgebroei het omdat hulle dan net met donsveertj­ies bedek is. Die pa moet sorg vir kos en sal klein soogdiertj­ies nes toe bring wat die ma in stukkies skeur om vir haar kuikens te voer. Teen week drie kan 'n kuiken al 'n klein muis heel insluk.

 ??  ?? Vier kuikens hou ds. Francois Mulder dop terwyl ‘n vyfde enetjie se oë nog toe is.
Vier kuikens hou ds. Francois Mulder dop terwyl ‘n vyfde enetjie se oë nog toe is.
 ??  ?? Ds. Mulder se vrou, Karina, is deur die uile se manewales geïnspiree­r om hierdie pragtige waterverfs­kildery te maak.
Ds. Mulder se vrou, Karina, is deur die uile se manewales geïnspiree­r om hierdie pragtige waterverfs­kildery te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa