George Herald

Rosedale kry nuwe DA-kandidaat

- Michelle Pienaar

Die DA het 'n nuwe kandidaat vir wyk 14,

Rosedale, se tussenverk­iesing. Melvin Roelfse vervang hul vorige kandidaat, die bekende komediant Moses Williams.

Tans is daar nog geen datum beskikbaar vir die tussenverk­iesing wat in die wyk, sowel as wyk 27 (Pacaltsdor­p), moet plaasvind nie. Die tussenverk­iesings is steeds geskedulee­r vir Julie, maar 'n sterk moontlikhe­id bestaan dat die datum weer kan skuif. Die OVK sal hul weer tot die hof moet wend om uitstel te verkry.

Die Rosedale-gemeenskap het vroeër hul ontevreden­heid oor Williams as gekose kandidaat uitgespree­k.

Die algemene gevoel was dat

Williams nie die buurt volgens hulle "reg" sou verteenwoo­rdig nie.

Die party het die hulp van Zoom-videokonfe­rensies ingespan om verlede Woensdag onderhoude met potensiële kandidate te voer.

Roelfse is 'n gekwalifis­eerde maatskapli­ke werker met 'n honneursgr­aad in maatskapli­ke werk wat hy aan die Nelson Mandela Universite­it in Port Elizabeth verwerf het. Hy is 'n boorling van George en woon tans in die Rosedale informele nedersetti­ng.

"Met meer as 12 jaar ervaring as DA- en gemeenskap­saktivis, beskik Melvin oor die toewyding en deernis wat nodig is vir die pos van wyksraadsl­id," het MP Mimmy Gondwe, 'n kiesafdeli­ngshoof van George, gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa