George Herald

Wees positief, anders...

-

Kobus Lazenby, Hessequa: Die wêreld-scenario is nou baie kompleks en vol uitdagings. Die Covid19-pandemie veroorsaak vandag dat ons met stres hand om die lyf loop. Die onsekerhei­d, magteloosh­eid, moedeloosh­eid, ingehoue woede teenoor regulasies en gevolglike stres is besig om toe te neem. Dit is ‘n onweerlegb­are feit dat ons almal ook maar net gewone mense is wat worstel met hierdie emosionele probleme, spanning, depressie, moedeloosh­eid en self verwaarlos­ing. En ons mag, want ons is maar net gewone mense. Niemand is immuun teen die straf wat hierdie pandemie en die veranderen­de omgewing aan ons uitdeel nie.

Die idee "cowboys don’t cry" het al baie mense in die verlede vernietig. Dikwels word verwag dat daar ten alle koste ‘n fasade van trots, krag ("ek is taai") en oorlewing voorgehou moet word. Dit lei ongelukkig tot die vermorsing van energie in hierdie poging om eerlike emosies en moontlike krake te verbloem of weg te steek. Dit is gevolglik van uiterste belang dat ek eerlik-soekend in ‘n voortduren­de proses van oorweging en evaluering van my lewenskwal­iteite betrokke moet raak.

Ek moet soms tot stilstand kom om my eie intensitei­t van sinisme en negatiwite­it teenoor die eksterne omgewing te bepaal. Dit sou kon beteken dat ek dalk uit ‘n psigiese en fisiese sterilitei­t moet uitbreek en iets aan die situasie moet doen.

Dit beteken dat ek moet begin werk aan ‘n positiewe gevoel en houding omtrent die lewe, die voortduren­de veranderin­g en die soms moeilik verstaanba­re omstandigh­ede.

Kortom, ek moet my lewenskwal­iteite gebruik om aan myself te werk om ‘n positiewe gesindheid in my onbeheerba­re omstandigh­ede te ontwikkel, al is dit hoe moeilik, anders gaan ek dit psigies nie maak nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa