George Herald

Baie dank aan almal wat help

-

Liezle en Japie Fourie, Calitzdorp

Ek wil graag die mense bedank wat ons gehelp het en nog steeds help in die tyd van inperking terwyl ons nie kan werk nie.

President Ramaphosa vra dat mense hulle oë moet oopmaak vir die wat nie het nie, maar ek moet sê dat dit nie nodig was om vir die mense wat ons gehelp het te vra nie want hulle het weereens bewys dat wanneer Suid-Afrika hulle nodig het antwoord hulle. Ek is 'n huishulp en my man 'n tuinier. Toe daar aangekondi­g word dat ons moet tuis bly het mnr. en mev. Truter ons onmiddelli­k gerusgeste­l dat hulle na ons sal omsien deur elke week vir ons kos te koop en 'n geldjie in ons rekening betaal. Sonder dat ons daarvoor vra kom laai haar boeta by ons kos af. Ek wil ook mnr. John, me. Annerie en mnre. André en JP bedank vir hul ondersteun­ing en ook pastoor Kobus van Calitzdorp AGS wat ook vir ons 'n kospakkie gebring het en almal wat laat weet het ons kan maar net laat weet wanneer ons hulp nodig het. Woorde in 'n koerantber­ig kan regtig nooit beskryf wat dit vir ons menswaardi­gheid beteken in 'n tyd wat ons nie weet vorentoe of agtertoe nie. Deur hulle kan ek tot koekies bak in lockdown.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa