George Herald

Dankie vir sout-van-die-aarde

-

Esmé Finnis, Aberdeen:

In Jesus se bergpredik­asie verwys Mattheus na "sout van die aarde" en die "lig van die wêreld". So is daar nog mense in die gemeenskap van Aberdeen wat werklik die sout van die aarde is en die lig van die wêreld is, want hulle gee werklik om vir hul medemens.

Ek wil langs hierdie weg my opregte dank en waardering uitspreek teenoor die eggenote van een van ons plaasboere; ’n bekende gemeenskap­sdame hier in die dorp; en nog ’n ander inwoner, vir hul skenkings van verskeie kospakkies aan behoeftige­s op

Aberdeen.

Hierdie mense wil anoniem bly omdat hulle nie wil hê dat hul name aan die groot klok gehang moet word nie. Baie dankie dat u my genoeg vertrou het om by die projek betrokke te raak om die pakkies te versprei. Dankie dat u hart en hand oop is vir dié in nood.

Ek kan u verseker dat elke ontvanger nie die nodige woorde gehad het om hul dankbaarhe­id te verwoord nie, maar hul gesigsuitd­rukkings het boekdele gespreek.

Nogmaals baie, baie dankie aan hierdie drie persone. God seën u.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa