George Herald

Shofar klink steeds op

- Cornelle Carstens

Inwoners van Island View en omgewing het gedurende die eerste vyf weke van die nasionale inperking met afwagting saans gewag op die geluid van 'n shofar wat elke aand om 19:00 geblaas is. Verskeie inwoners het videos en klankgrepe hiervan aan Mossel Bay Advertiser gestuur en gesê dat die geluid hulle gedurende die grendeltyd bemoedig het.

Navrae om die shofar-blaser op te spoor het aanvanklik op 'n dooiepunt uitgeloop, totdat die Liebenberg­s self met die Mossel Bay Advertiser kontak gemaak het. Madelein Liebenberg en haar man, Tommie, het die afgelope jare 'n motorwerkt­uigkundige-ondernemin­g bedryf. Tydens inperking, is hulle nie gereken onder essensiële werkers nie en moes hulle dus tuisbly.

Madelein het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat hulle die shofar aanvanklik op 28 Maart begin blaas het, ná 'n oproep aan gelowiges om met die grendeltyd daagliks om 12:00, Psalm 91 te bid. Daar was ook 'n oproep om die shofar saans te blaas.

"Tommie het saans die shofar geblaas en ons buurman het 'n seëngebed daarmee saam gespeel."

Sy sê die geluid van die shofar beteken vir Christene 'n aankondigi­ng, hetsy van oorlog of 'n feesgeleen­theid.

"In hierdie tyd het dit ook gedien as deklarasie dat geen onheil, soos byvoorbeel­d die koronaviru­s, naby ons sal kom nie."

Bo en behalwe gedurende die algehele inperking, blaas hulle steeds die shofar, vertel Madelein. "Mense voel steeds ingeperk en geïsoleerd. Die shofar se geluid bring vertroosti­ng en herinner ons daaraan dat God steeds in beheer is."

 ??  ??
 ??  ?? Tommie Liebenberg met sy shofar wat tydens die inperkings­tydperk wyd in die Island Viewomgewi­ng gehoor kan word.
Tommie Liebenberg met sy shofar wat tydens die inperkings­tydperk wyd in die Island Viewomgewi­ng gehoor kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa