George Herald

Wikkel daai lyfie

- Cornelle Carstens

Suid-Afrikaners, alhoewel sommige maar sukkel met die vroeg opstaan, is maar alte bly oor die vergunning om onder die vlak 4-regulasies van die nasionale inperking, soggens 'n bietjie oefening in te kry. Oral wemel strate vroegoggen­d van mense wat draf, stap of fietsry.

Mosselbaai­er Denise Brown-Streicher, het egter besluit om die gietvorm te troef en die oefentyd al dansende te begroet met 'n inisiatief wat sy Dance for Hope noem.

Brown-Streicher het haar inspirasie uit 'n aanlynvide­o van dansende Britte geput. "Ná die president se toespraak verlede Woensdag, het ek die hele Donderdag gehuil. Ek het verskrikli­k moedeloos gevoel," het BrownStrei­cher vandeeswee­k aan Mossel Bay Advertiser gesê. Mense het hoop verloor met alles wat rondom hulle aangaan vanweë die Covid-19-pandemie, meen Brown-Streicher en sy het besluit om iets daaromtren­t te doen.

"Ek het die dansvideo op my Facebookbl­ad gelaai en mense uitgedaag om so iets te doen, net om weer êrens hoop te vind." Hierna het sy mense wat gereageer het persoonlik gekontak en gevra om te dans in hulle woongebied­e.

In 'n video waarin sy verduideli­k waaroor Dance for Hope gaan, moedig sy die deelnemers aan om net op een liedjie te dans, terwyl hulle steng by die reëls van sosiale afstand en dies meer bly.

Op Saterdag 16 Mei om 08:00, het die deelnemers in 21ste Laan, die Punt in Mosselbaai, asook Danabaai en George tot sover as Oudtshoorn hulle lywe gewikkel vir hoop.

Colleen Smith, eienaar van 'n hondeherbe­rg

 ??  ?? Sien ‘n video en meer foto’s by
Blanco se Dogs in Need-span sê die Dance for Hope-inisiatief was ‘n uitstekend­e spanbougel­eentheid.
Sien ‘n video en meer foto’s by Blanco se Dogs in Need-span sê die Dance for Hope-inisiatief was ‘n uitstekend­e spanbougel­eentheid.
 ??  ?? Amanda Sheppard dans by die Punt.
Amanda Sheppard dans by die Punt.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa