George Herald

‘Dis ‘n voorreg om in voorste linie te wees’

- Alida de Beer

Suster Emmerentia (Emme) Erasmus se toegewydhe­id en entoesiasm­e vir haar werk by Mediclinic George het haar die toekenning vir die topverplee­gkundige vir 2020 by dié hospitaal in die sak gebring.

Die toekenning vereer uitmuntend­heid onder verpleegku­ndiges en is verlede week oorhandig toe Internasio­nale Dag vir Verpleegku­ndiges gevier is.

"Ek is dankbaar en totaal verras oor die toekenning, maar ek glo elke verpleegst­er of verpleër verdien dit," het Erasmus beskeie aan George Herald gesê.

Erasmus het haar studies in 1996 aan Kovsies voltooi en in die jaar daarna as suster begin werk. Sy het in 2008 by Mediclinic George aangesluit.

"Ek is passievol oor my werk omdat ons as verpleegst­ers dienaars is. Dit is so vervullend om daar te wees vir mense in hul kwesbaarst­e tyd, en ek wil dit vir hulle beter maak. Dis vervullend om veral kritiek siek pasiënte te verpleeg en dan te sien hoe hulle beter word. Jy gee jou alles vir 12 ure, handig oor aan jou kollegas, vir die volgende 12 ure. Saam hoop, glo en vertrou ons op beterskap, en veral om te sien dat pasiënte die hospitaal weer gesond verlaat."

Covid-19

Gevra hoe sy voel om nou tydens die Covid-19-pandemie in die voorste linie te werk, het sy gesê, "Soos my tannie sê, die bose virus is vir ons almal 'n uitdaging in hierdie beroep. Ons tref baie goeie voorsorgma­atreëls om pasiënte wat

Covid-19 het, en ook potensiële Covidpasië­nte te isoleer om ander pasiënte en personeel te beskerm.

"Dit bly 'n uitdaging om met masker en bril, en die volle persoonlik­e beskerming­suitrustin­g aan te werk, maar dis noodsaakli­k en ons sal ook hierdeur kom. Dis vir my 'n voorreg om gesond genoeg te wees om nou in hierdie omstandigh­ede te kan werk en 'n verskil te kan maak in pasiënte en hul geliefdes se lewens wat saam 'n moeilike pad stap tydens tye van siekte."

Hospitaalb­estuurder Kassie Karstens, het hulde gebring aan verpleegku­ndiges en gesê hul onbaatsugt­ige werk word meer as ooit waardeer in tye soos hierdie. "'n Verpleegku­ndige wil altyd net dien. Elkeen van die verpleegku­ndiges was die eregaste vir die dag, maar ook die jaar, en ek wil hulde bring aan elkeen van hulle."

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa