George Herald

Borcherds mis hul busse

- Michelle Pienaar

Inwoners van Borcherds kou tans harde klippe aangesien geen publieke vervoer tydens grendeltyd in hul woongebied beskikbaar is nie. Só verduideli­k 'n inwoner wat glo talle klagtes van gemeenskap­slede ontvang het.

"Ons is Go George-minibusse beloof. Nou ry die busse nie meer in die woongebied nie, en ook nie die Sandkraalt­axi's nie. Bejaarde inwoners moet nou 'n taamlike ent stap om by die naaste optelpunt te kom. Die mense sukkel," het hy gesê.

Go George-bestuurder, James Robb, het by navraag gesê Borcherds vorm deel van die Fase 4B-roetes wat vier dae voor die inperking uitgerol is, min wetend dat die volledige busdiens vier dae later sou moes afskaal. "Die netwerk van roetes is ontwerp met hoofroetes wat uit sekere woonbuurte na ander dele van die dorp ry, aangevul deur gemeenskap­sroetes wat net binne ’n sekere omgewing sirkuleer om mense nader aan hul huise op te laai en tot by die hoofroetes te bring," het Robb gesê.

"In tye van krisis, en spesifiek ’n gesondheid­spandemie, word die gemeenskap­sroetes uitgeskake­l om die aantal busse en drywers te beperk, en passasiers so min moontlik tyd op die bus te laat deurbring."

Borcherds, Lawaaikamp, Parkdene en Conville word bedien deur die Parkdenege­meenskapsr­oete wat tans, soos die ander gemeenskap­sroetes, nie in werking is nie.

Die roete was wel aktief vir die eerste vier dae ná uitrol, tot en met die implemente­ring van die nasionale inperking.

Hoofroetes uit daardie omgewing ry steeds na die middedorp en die Garden Route Mall.

Robb het gesê hulle is bewus van die ongerief wat hierdie reëling veroorsaak en het werklik simpatie met die passasiers. "In lyn met die regering se pogings om die verspreidi­ng van die virus te bekamp, is ons tans hoofsaakli­k ingestel op die gesondheid­sveilighei­d van die gemeenskap, ons passasiers en ons personeel. Ons verskaf net die noodsaakli­kste diens en doen ’n beroep op werkgewers, vriende en familie wat kan help, om mense wat noodwendig móét bus ry tot by die naaste hoofroete te bring indien hulle dit moeilik vind om tot daar te loop."

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video en meer foto’s by
Ds. Steve van der Walt, leraar van die NG Moedergeme­ente by twee van die boompies wat gekweek is van akkers van die ou historiese eikeboom.
Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video en meer foto’s by Ds. Steve van der Walt, leraar van die NG Moedergeme­ente by twee van die boompies wat gekweek is van akkers van die ou historiese eikeboom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa