George Herald

Rommel gestrooi in historiese pas

- Eugene Gunning

Dele van een van Suid-Afrika se geskiedkun­dige passe, die Montagupas net buite George, het tydens die inperking ontaard in 'n gewilde stortingst­errein. Dis veral dele naby die tolhuis waar rommel gestort word. Dit is baie naby aan die pad en dit lyk of die skuldiges nie eers baie moeite doen om van hul rommel ontslae te raak nie. Die pas is in 1847 voltooi en die tolhuis is meer as 170 jaar oud.

Gerda Stols, voorsitter van die Vriende van die Tolhuis, het Dinsdag haar skok oor die situasie uitgespree­k. Volgens haar, het dit nieteensta­ande die inperking, die afgelope tyd toegeneem. Sy het sowat drie weke gelede die eerste keer begin sien dat rommel daar gestort word.

"Dit lyk of mense sommer net rommel langs die pad aflaai. Dis op verskeie plekke en ook in die omgewing van die tolhuis. Dit neem daagliks toe. Ek het nog nooit gesien wie dit doen nie en dis moeilik om te bepaal wanneer dit gebeur. Elke keer as ek daar kom, is dit meer."

Sy het gevra dat die saak dringend aandag kry en dat die owerhede ingryp.

Chantel Edwards-Klose, kommunikas­iebestuurd­er van die George-munisipali­teit, het die klagte na die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit verwys. Volgens haar is hulle verantwoor­delik vir die pas.

Die publiek word gevra om die onwettige storting onder die aandag van die reinigings (Cleansing) departemen­t te bring. Hulle kan gekontak word by 044 802 2900. Onwettige storting is een van die munisipali­teit se grootste uitdagings. Dit is gevaarlik en hou 'n gesondheid­sgevaar in.

As iemand sien dat goed onwettig gestort word, kan hulle 044 801 6350 kontak of sprins@george.gov.za. Volgens Herman Pieters, senior kommunikas­iebeampte van die distriksmu­nisipalite­it, kry die aangeleent­heid aandag.

 ??  ?? Lees meer by
Onwettige rommelstro­oiing in die Montagupas.
Lees meer by Onwettige rommelstro­oiing in die Montagupas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa