George Herald

Covid-19 fnuik Heike se blomjaar op tennisbaan

- Hugo Redelinghu­ys

Die tennisseis­oen het vroeg vanjaar vir Heike Janse van Vuuren met 'n dolle vaart weggesprin­g en die belofte van nog vele groot hoogtepunt­e ingehou.

Maar toe kom Covid-19 en knip Heike, een van ons talentvols­te tennisspel­ers, se seisoen kort. In skoonstell­e: 6-0, 6-0.

Wat 'n blomjaar kon wees, verander toe eensklaps in 'n (hopelik) tydelike droë seisoen.

Niemand het dié kishou voorsien nie. Maar dit wat Heike in die eerste drie maande van die jaar bereik het, vertel al klaar 'n tennisspro­kie.

In Januarie het sy die Eden Mini 1toernooi se vroue-enkelspelt­itel by die Great Tennis-akademie in George ingepalm. Van die voorste juniors uit die Wes-, Suid- en Oos-Kaap was hier in aksie.

Einde Januarie is sy opgeneem in Tennis Suid-Afrika (TSA) se oefengroep vir die beste juniors in die land. Toe word Heike genooi om saam met Suid-Afrika se beste o.14- en o.16tennissp­elers as baljoggies op te tree tydens die Match of Africa-toernooi tussen Roger Federer en Rafael Nadal in die Kaapstad-stadion. Agterna kon hulle met die twee topsterre informeel gesels, iets wat bitter min juniors beskore is.

Vroeg Februarie, met Covid-19 wat toe nog opwarm vir sy inval in SuidAfrika, reis Heike na Potchefstr­oom om aan die Internasio­nale Tennisfede­rasie (ITF) se J5-toernooi deel te neem. Talentvoll­e spelers vanoor die wêreld, wat tennis 'n loopbaan wil maak, het ingevlieg vir hierdie toernooi.

Heike het reggekry wat baie min Suid-Afrikaners nog kon doen deur die eindstryd te haal.

Hoewel sy verloor het, spreek dié prestasie boekdele van haar ontluikend­e talent om met sukses teen die wêreld se bestes mee te ding.

Ná haar tweede plek by die J5-toernooi in Potchefstr­oom is Heike gekies om Suid-Afrika te verteenwoo­rdig by 'n groot internasio­nale seminaar in Indian

Wells, wat deur BNP Paribas vir die beste opkomende internasio­nale jong sterre aangebied word. Net een seun en een dogter is gekies om Suid-Afrika in Indian Wells te verteenwoo­rdig,

Tydens die seminaar kry die juniors geleenthei­d om van die wêreld se topspelers te ontmoet en met hulle skouers te skuur. Maar toe moker Covid-19 dié planne van die baan af en word die seminaar gekanselle­er.

Heike beklee tans die nommer een posisie op die SA tennisrang­lys vir dogters o.16 danksy haar puik vertoning by die J5-toernooi op Potchefstr­oom. Haar groot droom is om 'n profession­ele tennisspel­er te word. Sy is gebore met fantasties­e balvaardig­hede en hande en haar werketiek laat selfs haar afrigter,

Eduard Steyls, soms sprakeloos. "Heike is besig. Opgee, stilsit en halfpas vorm nie deel van haar woordeskat nie. Jy sal haar meeste van die tyd by die net kry besig om die bal weg te sit."

Steyls, wat Heike al van haar vormingsja­re afrig, glo sy het die talent, toewyding en deursettin­gsvermoë om tennis op die hoogste vlak te speel. "Heike gaan nog groot hoogtes in tennis bereik. Sy is doelgerig en sterk selfgemoti­veerd. Boonop is sy omring deur 'n wonderlike groep mense wat in haar glo. Hieronder tel haar sportmal ouers, Theo en Brigitte."

Wie kan verloor met só 'n formidabel­e span mense?

 ??  ?? Heike Janse van Vuuren (15) van George beklee tans die nommer een posisie op die SA tennisrang­lys vir dogters o.16. Voor die aanbreek van Covid-19 het sy vroeg vanjaar ‘n paar topvertoni­ngs gelewer.
Heike Janse van Vuuren (15) van George beklee tans die nommer een posisie op die SA tennisrang­lys vir dogters o.16. Voor die aanbreek van Covid-19 het sy vroeg vanjaar ‘n paar topvertoni­ngs gelewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa