George Herald

Springbok in George tydens inperking

- Eugene Gunning

Hy wil weer vir die Springbokk­e uitdraf en in nog toetse vir SuidAfrika speel. Só het Armand (Akker) van der Merwe, Maandag by sy ouerhuis in George vertel.

Die 28-jarige Van der Merwe, wat oorspronkl­ik van George kom, kuier op die oomblik saam met sy vrou, Angie, en hul seuntjie, Anrich (2), by sy ouers in George. As gevolg van die inperking, kan hulle nie in die stadium beweeg nie, maar is van plan om later vandeesmaa­nd na Engeland terug te keer waar hy deesdae gebaseer is.

Van der Merwe was 'n leerder aan Laerskool George-Suid en Hoërskool Outeniqua. In 2009 was hy in die SWD Cravenweek­span. Hy het daarna onder meer 'n draai by die Pukke gaan maak en later vir die Lions in Gauteng en die Sharks in KwaZulu-Natal gespeel. In 2018 het hy Springbok geword en is sedert 2019 by die Sale Sharks in Manchester, Engeland.

Volgens Van der Merwe is hy en die ander Suid-Afrikaanse spelers by die Sale Sharks in Maart ingelig dat hulle na Suid-Afrika kon terugkeer voordat die inperking daar in werking sou tree.

Hy en sy gesin het op 24 Maart in SuidAfrika aangekom.

Van der Merwe het gesê dit bly 'n uitdaging om fiks te bly. Veral omdat hy net tussen 06:00 en 09:00 buite hul erf kan oefen. Hy sal graag op 'n veld wil oefen, maar dit kan nie gebeur nie. "Dis frustreren­d."

Hy draf en benut ook die geleenthei­d om saam met vriende by die Tuinroeted­am fiets te ry.

Crossfit in George het gewigte aan hom beskikbaar gestel waarmee hy tans oefen, dit help. Van der Merwe se vrou oefen ook saam met hom.

Daar is nog sommer baie rugby in hom. Hy gaan beslis weer probeer om die groen en goud te dra en in die voorry as haker te sak. "Ek wil nie net in drie toetse gespeel het nie."

Sy plan is om oor 'n paar jaar na SuidAfrika terug te keer en sy rugbyloopb­aan hier af te sluit.

Lees meer hieroor by www.georgehera­ld.com.

 ??  ??
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Akker van der Merwe, Springbok-rugbyspele­r by sy ouerhuis in George.
Foto: Eugene Gunning Akker van der Merwe, Springbok-rugbyspele­r by sy ouerhuis in George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa