George Herald

Meer as net een diens op ’n Sondag

- Eugene Gunning

Sommige kerke gaan meer as een diens Sondae hou om dit moontlik te maak dat mense wat wil, geloofsgel­eenthede kan bywoon. Godsdiensl­eiers het in die algemeen pres. Cyril Ramaphosa se aankondigi­ng Dinsdagaan­d verwelkom dat kerke, moskees, tempels, sinagoges en ander erkende plekke van aanbidding weer op 1 Junie hul deure mag open. Dit is onder streng voorwaarde­s wat insluit dat nie meer as 50 mense in dieselfde kerkgebou mag wees nie. Aanwesiges moet gesigsmask­ers dra, daar moet sosiale afstand wees tydens die geleenthed­e en geboue moet gereinig word. Daar is egter nog vrae soos of gemeentele­de se temperatuu­r gemeet gaan word en of hulle 'n register sal moet teken.

Ofskoon baie gemeentes die afgelope tyd van tegnologie gebruik gemaak het om gemeentele­de te bereik, is dienste vir gemeentes in kerkgeboue laas op 22 Maart gehou.

Pastoor John Smith van die JCI Church het gesê die terugvoeri­ng wat hy kort na die aankondigi­ng van lidmate ontvang het is baie positief. "Hulle is ook baie dankbaar dat die president erkenning aan godsdiens gegee het."

Smith het op Sondag 24 Mei saam met pastoor Hilton Langeveldt van Tikvah House of Prayer aan 'n gebedstapt­og deelgeneem. Hulle het toe gevra dat kerke se deure weer oopgestel word.

Volgens Smith gee die jongste aankondigi­ng weer hoop vir mense. In hul gemeente kyk hulle daarna om meer as een diens op 'n Sondag te hou.

Langveldt het gesê hulle is baie dankbaar dat daar 'n oor was wat geluister het. Volgens hom is die rol van die kerk in die samelewing uiters belangrik. "Jesus openbaar Sy hart van liefde deur die kerk."

Daar sal gekyk word hoe almal in verskillen­de tydgleuwe op Sondae geakkommod­eer kan word.

Ds. Pieter van Santen, voorsitter van die NG kerk se ring in George en leraar van die Tuinedal-gemeente het gesê hy is ten gunste van die nuwe verwikkeli­ng. In hul gemeente sal die kerkraad vergader en kyk hoe dit hanteer gaan word. Hy wag ook nog vir riglyne van die NG kerk se Wes-Kaapse sinodale struktuur. In hul gemeente sal waarskynli­k meer as een diens op Sondae gehou word.

Pastoor Johan du Toit van die Nuwe Lewe Bediening het gesê dis 'n Bybelse opdrag om mense bymekaar te bring. By hulle sal beslis meer as een diens Sondae gehou word. Die logistiek sal nog in die gemeente uitgewerk word.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Die katedraal van die Anglikaans­e kerk in Yorkstraat, George.
Foto: Eugene Gunning Die katedraal van die Anglikaans­e kerk in Yorkstraat, George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa