George Herald

Proteas bring vreugde

- Eugene Gunning

Danksy die hulp van 'n proteaboer en sy werkers van Waboomskra­al tussen George en Oudtshoorn, glimlag inwoners van Tuiniqua-versorging­sentrum weer breed.

Kemp Myburgh wat met proteas en speldekuss­ings op sy plaas, Florburgh Proteas boer, het sowat 200 proteas aan die inwoners geskenk. Hy is ook die voorsitter van die plaaslike protea- en produsente­studiegroe­p.

Gewoonlik voer plaaslike produsente elke jaar miljoene proteas uit na onder meer Europa en China. Die proteas is wêreldwyd baie gewild en dit het 'n lang rakleeftyd.

Dit is arbeidsint­ensief en verskaf verskeie werksgelee­nthede.

Die inperking het die bedryf op alle vlakke benadeel. Op vlak 5 moes hy tonne van die blomme weggooi. Op vlak 4 het hy meer beweegruim­te gehad en sou hy daarvan kon uitvoer. Die risiko was egter te groot omdat die proteas op lughawens en in hawens vasgevang sou kon word omdat die instelling­s nie op volle kapasiteit bedryf is nie. Jannie van Zyl, wat help met vervoer by Tuiniqua, het Myburgh genader om te hoor of hy nie bereid sou wees om van die proteas te skenk nie. Myburgh het ingestem en die blomme is verlede week oorhandig.

Die proteas het baie vreugde verskaf en etlike inwoners het hom later persoonlik gebel om dankie te sê. "Dit was soos om liggies aan mense te verskaf," het hy vertel.

Hayley Hook, bemarker van Tuiniqua sê die proteas het herinnerin­ge vir inwoners teruggebri­ng van hul troudae en proteas in hul ouers se tuine.

Alani Voigt, sentrumhoo­f van Tuiniquave­rsorgingse­ntrum, sê dit het die gewone roetine opgekikker. "So-iets gee vir inwoners die gevoel dat mense hulle onthou."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa