George Herald

Covid-19 dryf vele na Crowd1

- Hannes Visser

'n Berig oor multivlakb­emarking wat tans deur honderde mense in die streek aangewend word om inkomste te verdien, het hewige reaksie uitgelok. Die reaksie was veral vanaf mense wat Crowd1 bemark.

In die berig word daarna verwys dat Crowd1 in Namibië onwettig is, maar dat dit nie in Suid-Afrika deur owerhede ondersoek word nie. Dit is 'n ingewikkel­de multivlakb­emarkingsk­ema waar nuwe lede deurentyd gewerf word. 'n Persoon se inkomste hang grootliks af van hoe hard gewoeker word om 'n netwerk onder hom op te bou. In verlede week se berig is gesê dat mense wat aansluit 'n "aandeleser­tifikaat" ontvang. Twee Crowd1-lede wat op Oudtshoorn Courant se uitnodigin­g gereageer het om meer duidelikhe­id oor die kwessie te gee, het egter gesê mense wat aansluit kry 'n aanlyn opvoedings­pakket en 'n sleutelwoo­rd waarmee hulle toegang tot die stelsel kry. Volgens hulle is Crowd1 nie 'n piramiedes­kema nie en gee dit mense wat geen inkomste het nie, die geleenthei­d om iets te verdien.

"As ek nie die afgelope paar weke mense ingeskryf het nie, sou ek nie die huur van my besigheid wat al langer as twee maande gesluit is, kon betaal nie," het een van die mense gesê. Volgens hulle is daar verskeie beloftes deur Crowd1 gemaak ten opsigte van nog produkte wat bygevoeg sal word.

Op 'n vraag waarom lede so heftig op verlede week se berig gereageer het terwyl die berig dit duidelik stel dat daar tans geen ondersoek teen Crowd1 is nie, het hulle gesê mense raak baie gou wantrouig as hulle iets lees en dan huiwer hulle om aan te sluit.

Nog 'n persoon wat onlangs deur Crowd1 gewerf is, het telefonies gesê hy kon nog nie daarin slaag om genoeg mense in te skryf om geld te verdien nie, maar hy is vol vertroue dat hy wel geld sal verdien. "Alles is vandag 'n risiko. Ek het gedink my werk is veilig toe verloor ek dit. Hierdie is ook 'n risiko, dalk maak ek geld, dalk verloor ek, wie sal weet?"

Die struktuur waarvolgen­s mense geld verdien is gekomplise­erd, maar die basis van die stelsel is dat nuwe lede gewerf moet word. Die intreevlak kos R2 000, maar verskeie mense kry ook geskenkpak­ke van bestaande lede in die hoop dat die een wat die geskenkpak ontvang het, die netwerk sal laat groei.

"Mense dink jy sit net agteroor en kry geld, maar dis harde werk. Ek spandeer ure om met mense te praat en te verduideli­k voordat hulle aansluit," het een van die lede gesê.

Daar is egter ook mense wat huiwerig is. Een van die mense wat die Oudtshoorn Courant sowat twee weke gelede voor die berig geskryf is, gekontak het, was besorg oor sy ma wat haar spaargeld wou trek om by Crowd1 aan te sluit. "Ek weet nie hoe werk dit nie, maar my ma wou omtrent

R10 000 wat sy in 'n rekening het, in die ding belê en dis omtrent al wat sy het."

Terwyl dit duidelik is dat sommige mense tans groot bedrae verdien waarsku 'n finansiële adviseur dat dit gewoonlik mense is wat vroeg betrokke raak en ywerig nuwe mense werf, wat geld maak.

"Niemand weet ooit hoe volhoubaar hierdie soort besigheid is nie, en terwyl mense die kans het om geld te maak is daar ook die gevaar om geld te verloor as die skema in duie stort."

 ??  ??
 ??  ??
 ?? Www.onlineweal­thchronicl­es.com. ??
Www.onlineweal­thchronicl­es.com.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa