George Herald

Ma vertel van tuisonderr­ig

- Eugene Gunning

Daar is voor- en nadele aan tuisonderr­ig, maar die voordele is beslis meer. So het Juanita Wierzba van George, Dinsdag vertel. Sy is een van talle ma's wat elke dag haar tyd opoffer om haar kinders tuis te onderrig. Sy het daarmee begin voor die inperking en merk op dat talle ouers dit nou oorweeg, eerder as om hul kinders terug te stuur skool toe.

Skole heropen weer Maandag 1 Junie vir gr. 7 en gr. 12-leerlinge.

Wierzba onderrig op die oomblik twee van haar kinders, 'n dogter (15) wat in gr. 9 is en 'n seun (13) wat in gr. 7 is, tuis. Sy het voorheen twee kinders gehad wat 'n gewone skool bygewoon het.

Volgens haar kan die oorhoofse koste van tuisonderr­ig minder wees as vir 'n gewone skool. Dit hang af van die kurrikulum. Kinders moet by die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys geregistre­er wees, maar ouers kan self die kurrikulum kies. Ouers moet hulle egter gereed maak vir groot aanpassing­s. "Dit verg baie tyd om in 'n klasgee gewoonte te kom. Jy moet baie geduld hê."

Ouers moet ook besef tyd is nie meer hul eie nie. By hulle begin "skool" in die winter om 09:00 en in die somer om 08:00. Die kinders ontvang opdragte en moet dit eers voltooi voordat hulle die skooldag kan afsluit.

Die skoolaktiw­iteite word gedoen in elke kind se kamer en ook by die eetkamerta­fel. In so ’n opset hang dissipline van elke kind af. Sommige kinders kan op hul eie werk, terwyl ander leiding nodig het. Sosiale aanpassing is nie 'n probleem nie. Vir hoërskoolk­inders is daar geregistre­erde eksamens. Die kinders neem steeds aan buitemuurs­e-aktiwiteit­e deel.

By hulle was dit onder meer 'n geloofsaak. Sy en haar man was nie meer gelukkig oor die sekulêre opset in skole se kurrikulum­s nie.

Sy sal tuisonderr­ig beslis aanbeveel. "Dit leer kinders om op hul eie te studeer."

Wierzba het gesê in dié dae, as ouers kommer het oor groot klasse, behoort hulle dit te oorweeg.

George het 'n aktiewe tuisonderr­iggemeensk­ap en hulle bly in kontak met mekaar deur byvoorbeel­d 'n WhatsAppgr­oep. "Ons help mekaar."

 ??  ?? Alex Wierzba (15) besig met chemie as deel van haar skooloplei­ding by die huis. Sy is in gr. 9 en ontvang tuisonderr­ig by haar ma.
Alex Wierzba (15) besig met chemie as deel van haar skooloplei­ding by die huis. Sy is in gr. 9 en ontvang tuisonderr­ig by haar ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa