George Herald

Anti-skolers staan 83 000 sterk

- Salette Cloete

Die Facebook-groep, Parents against

opening of schools, wat teen Woensdag reeds 83 000 lede gehad het, sou die week 'n dringende interdik ingehandig het om die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, te stop om haar planne te implemente­er en meen dit moet herdink word.

Vanessa le Roux, ’n ouer, het die groep verlede Dinsdag na die minister se besluit om skole te heropen gestig.

"Binne twee dae het ons 50 000 ouers gehad wat dieselfde gevoel het."

Le Roux, oorspronkl­ik van Oudtshoorn, woon nou in Kaapstad, en sê hul uitgangspu­nt is nie om die oopmaak van skole heeltemal te stop nie, maar net nie nou nie. "Wat is die haas? Hoekom die skole nou oopmaak voor die virus sy piek bereik het?" Op die oomblik, sê Le Roux, kan die minister ouers nie die versekerin­g gee dat kinders veilig sal wees nie.

Sy sê hulle is van mening dat die minister se besluite irrasionee­l is, en dat dit negatiewe gevolge vir hul kinders gaan hê. "Dis nie 'n praktiese besluit vir publieke skole wat klasse het van tussen 50 en 60 leerders nie. As die minister net bietjie wag, dan is daar genoeg tyd om dinge in plek te sit."

Dit is hoekom hulle op hofaksie besluit het. Sy meen die enigste opsie is om die wet met die wet te beveg.

Daar het wel ouers op die groep gekla dat hulle reeds briewe van skole ontvang het dat hulle moet besluit of hulle hul kinders gaan onttrek, want vertrekkaa­rte moet gereël word.

Die petisie gaan ook deel uitmaak van die hofstukke.

"Ons hoop om 100 000 handtekeni­nge te kry," sê Le Roux. Verder sê sy, het hulle nie op die oomblik 'n ander opsie vir ouers wat dalk kinders tuisonderr­ig wil bied nie. Sy sê hul missie met hofaksie was dat hulle teen Vrydag 29 Mei, in die Noord-Gautengse hooggeregs­hof aangehoor kon word en die besluit teen 1 Junie geïmplemen­teer kan word.

Le Roux het Woensdagog­gend op die groep 'n boodskap geplaas dat hulle vir eers nie sal voortgaan met die hofaksie tot die minister haar besluit in die Government Gazette gepublisee­r het nie.

Sy het ook gesê hulle wil liewer nie kanse waag en dan word hul aansoek uitgegooi nie. "Soos dinge nou staan, blyk dit dat die minister nog aanpassing­s kan maak tot haar besluit. Maar op die oomblik is daar geen wet om teen te staan nie."

Sy het ouers aangemoedi­g om die petisie te ondersteun.

 ??  ?? ‘n Skermgreep van die petisie teen Woensdag 12:00.
‘n Skermgreep van die petisie teen Woensdag 12:00.
 ??  ?? Vanessa le Roux, wat die groep teen die opening van skole gestig het.
Vanessa le Roux, wat die groep teen die opening van skole gestig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa