George Herald

Ingegrende­l of vry van amper alles?

- Prof. Francois Hanekom

Afrikaans is soepel; vol nuutskeppi­ngs. En die kreatiewe oorspronkl­ikheid van Afrikaanss­prekendes tref ongegrende­ld die koronatyd van inperking. Ons dogter, Anneke, vertel tydens ‘n oproep uit Gauteng van Hanri Wondergem se weergawe in die noorde se Beeld-koerant, soos uit die sogenaamde Afrikaanse Covid-19 Woordeboek. [Volle erkenning gaan aan die skrywer en bron.]

Hier is lusmaak-voorbeelde:

Dagdemensi­e - jy’s nie seker watter dag dit is nie

Grendelgri­ep - inperkings­koors Grendelpen­del - uit die huis vir inkope Isolasiesp­asie - sosiale afstand Koronamoun­a - iemand wat heeltyd kla Kwarantynw­yn - tuisgebrou­de drank Moetgoed - noodsaakli­ke items vir koop en/of verkoop

Ploeterpak­kie - herhaalde kleding tydens werk van die huis af.

Terwyl die meeste van die aardbol se mense ingeperk is, steek ‘n nuwe aarde verbasend kop uit. Tydelik? En verrassend - dit word uit die ruimte waargeneem. Sowat ses weke vandat Wuhan se elf miljoen inwoners ingeperk is, het die Europese Ruimte-Agentskap berig dat stikstofdi­oksied-vlakke [NO2] merkbaar afgeneem het.

Die afname in lugbesoede­ling was so ingrypend dat mense wat vanaf die 1990’s gebore is, vir die eerste keer uit Indië en Pakistan die asemrowend­e Himalaja-berge kon sien. Daar was genot en ‘n gevoel van bevoorregt­ing, maar by baie ook die gevoel van hartseer en verontregt­ing – “ons kon dit nog nooit sien en bewonder nie”. Die afnames in NO2 en CO2 [koolstofdi­oksied] is eenvoudig te wyte aan miljoene motors wat stilstaan, stralers wat nie die lug deurklief nie, en kragstasie­s en fabrieke wat of heeltemal of gedeelteli­k toe is. Daar is inderdaad standpunte dat die luggehalte oor Europa en Noord-Amerika met 40% verbeter het. Wat ‘n aanklag teen die mens dat ‘n pandemie hom tot die feite moes dwing.

Diere beklemtoon onwetend die situasie op unieke maniere. Ek meen, ons ken almal Knysna se oorvol hoofstraat. Hoe verbaas was ‘n sekerheids­groep nou die nag toe hul ‘n grafstil hoofweg patrolleer en vyf rustige koeie daar vind! Daar is nogal bespiegel waar die beesbesoek­ers vandaan gekom het. Daar’s geen plase aanliggend aan die dorp nie. Seker maar ‘n beter lewe kom soek uit die plakkerska­mp.

In St. Lucia het die Engen-vulstasie se OK Express lankal ‘n gereelde besoeker in die nag – ‘n logge seekoei wat daar aandoen asof vir inkopies. Net so het diere se nagwandeli­nge in Phalaborwa [aangrensen­d aan Kruger] se tuine en strate met die inperkings­era toegeneem.

Meer plaaslik het die wildeperde van die Rooisand-reservaat nou die oggend die Kleinmond-strand besoek. Daar was mos nie mense nie. Aaklig om daaraan te dink dat die een teorie dit het dat dié wildes lank gelede van ‘n sinkende skip se dek afgegooi is. Hul moes self sien kom klaar; het die strand gehaal en oorleef deur die eeue. So asof hul nou vir die mens tong kan uitsteek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa