George Herald

Onnies terug by die skool

- Salette Cloete

Skole het die week vir onderwyser­s heropen en hoofde sê sover het al hul onderwyser­s opgedaag. Selfs die onderwysun­ie Sadtu, wat gedreig het dat hul lede gaan wegbly, se lede het vir die eerste dag opgedaag.

Morton van Rooyen van Hoërskool George sê sover het dinge volgens plan verloop. Hulle kon die skool se gange, toilette en klaskamers met reinigings­middels skoonmaak. "Die uitdaging begin wanneer leerders terugkom skool toe."

Volgens voorskrift­e moet lessenaars na elke periode, wanneer leerders klasse ruil ontsmet word. "Van Rooyen sê nog 'n uitdaging is die ontsmettin­g van toilette nadat leerders dit gebruik het, maar hulle werk aan 'n plan.

Kobus Koekemoer, waarnemend­e hoof van HTS Eden sê hul skool was gereed om die bestuurspa­n op

18 Mei te ontvang. "Ons bestuurspa­n het die hele week van 18 tot

22 Mei beplan vir 25 Mei, die dag waarop die onderwyser­s teruggekee­r het."

Koekemoer sê die klaskamers, badkamers en alle ander geriewe is ontsmet en skoongemaa­k volgens voorskrift­e.

"Skoonmaakp­ersoneel is ook opgelei sodat hulle presies weet wat gedoen moet word. Die skool het ook al die nodige reinigings­middels en termometer­s ontvang, maar moes wel spuithouer­s, lappe en handskoene uit eie fondse aankoop aangesien ons skoonmaakm­iddels en ontsmetmid­dels in grootmaat ontvang het." Hy sê dit is egter 'n klein prys om te betaal aangesien die veiligheid van die personeel en die leerders vir hulle ononderhan­delbaar is. Die personeel het ook Maandag teruggekee­r skool toe en is druk besig met beplanning sodat die akademie

Clifton Titus, hoof van Hoërskool Pacaltsdor­p, sê alles was in plek vir hul personeel wat Maandag teruggekee­r het skool toe. "Ons het 'n stasie met verskeie stappe; onderwyser­s kom by die agterdeur van die kantoor in, word ontsmet, temperatuu­r word gemeet en beweeg dan na die saal waar ons werk."

Titus sê al hul personeel, wat lede van die onderwyser­sunie is, het opgedaag en almal was die week besig om te werk aan die kurrikulum sodat die terugkeer van die matrikulan­te goed kan verloop. "Ons gaan selfs die week 'n kort video maak en op ons WhatsApp-groepe aan ouers en leerders uitstuur om te wys waar die stasies is en wat presies gedoen moet word."

Volgens Titus het hulle nog geen klagtes van ouers gehad wat hul kinders wil onttrek nie, maar daarvoor het hulle ook reeds planne wat in plek is. Hy sê ouers wat hom graag wil sien moet 'n afspraak maak, en nie net by die skool opdaag nie. "Alles moet ongelukkig nou sensitief hanteer word."

Gerhard Haupt, hoof van Olympia Vaardighei­dskool, sê die personeel het van Maandag af in die eetsaal vergader. "Ons het die Standard Operationa­l Procedures (SOP) bespreek wat die bestuurspa­n verlede week opgestel het. Die terreinspa­n het klasse skoongemaa­k en gras gesny. Daar word plakkate gedruk en lyne op die vloere verf vir die korrekte sosiale afstand." Verder sê Haupt het hulle en Van Kervel skool 'n gesamentli­ke nuusbrief opgestel.

"Dit gaan beskikbaar wees sodat die leerders dit by polisiesta­sies en sekere winkels kan gaan afhaal. Dit sal ook na Riversdal, Mosselbaai, Knysna en Groot-Brak geneem word." Hy sê daar is nog nie 'n datum wanneer spesiale skole begin nie.

Dawid Kamfer, die provinsial­e leier van Icosa, het self Maandagogg­end skole besoek.

"Die meeste skole se hekke was gesluit, met hoofde wat agter geslote deure met hulle personeel vergader het."

Hy sê hy kon darem met die hoof van Hoërskool Sao Bras gesels, alhoewel hulle nie lank kon gesels nie. "Mnr. Groenewal was baie opgewonde oor die besoek en het gesê hy waardeer dit baie."

Kamfer sê Icosa wil elke opvoeder sterkte toewens in hierdie moeilike tyd.

Lees ook, Groep staan 83 000 sterk teen opening van skole op bladsy 15.

 ??  ?? See a video at
François Ferreira, head of the François Ferreira Academy and celebrity chef, is offering online cooking courses as part of a fundraisin­g initiative for Cansa. INSET: Learn how to prepare a chunky brown lentil and pumpkin soup for the chilly winter days. A healthy and tasty couscous salad is also on the menu.
See a video at François Ferreira, head of the François Ferreira Academy and celebrity chef, is offering online cooking courses as part of a fundraisin­g initiative for Cansa. INSET: Learn how to prepare a chunky brown lentil and pumpkin soup for the chilly winter days. A healthy and tasty couscous salad is also on the menu.
 ??  ?? Die onderwyser­s van HTS Eden pas sosiale afstand toe en het ook elkeen ‘n masker aan.
Die onderwyser­s van HTS Eden pas sosiale afstand toe en het ook elkeen ‘n masker aan.
 ??  ?? Hoërskool Pacaltsdor­p se sanitering­stasies in hul kantoor. Hier neem Veronica Williams ‘n temperatuu­rlesing van Leander Saaiman.
Hoërskool Pacaltsdor­p se sanitering­stasies in hul kantoor. Hier neem Veronica Williams ‘n temperatuu­rlesing van Leander Saaiman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa