George Herald

Koronaviru­s rol terwyl rolbalklub­s stol

- Hugo Redelinghu­ys

Terwyl die koronaviru­s voortrol, sal rolbalklub­s landwyd gesluit bly. Dis die uitdruklik­e opdrag van Rolbal Suid-Afrika (RSA) nadat verskeie van sy lede, waaronder Eden-rolbal, vertoë gerig het dat klubs hul sport op kleiner skaal net op klubvlak kan beoefen.

RSA, wat ook sterk onder die juk van die regering gebuk gaan, sê rolbal, in enige vorm, is taboe tydens die grendeltyd. Geen rolbal sal op klubvlak toegelaat word nie en nog minder mag individuel­e spelers op hul eie oefen.

Tys Pringle, mediawoord­voerder van die George-rolbalklub, sê hulle het Eden-rolbalbest­uur gevra om RSA te nader met 'n versoek om klubaktiwi­teite op beperkte vlak toe te laat. Die motivering hiervoor is dat rolbal, net soos tennis en gholf, nie 'n kontakspor­t is nie. "Dit maak rolbal dus aantreklik­er en minder riskant as die ander sogenaamde kontakspor­tsoorte."

Hy sê alle veiligheid­smaatreëls, soos die dra van maskers en die nakoming van veiligheid­safstande van 2 m, kan maklik op 'n rolbalperk gehandhaaf word.

"Om getalle tot 50 spelers te beperk, is eweneens maklik haalbaar. Die George-rolbalklub is, soos die meeste ander klubs, heeltemal by magte en goed toegerus om enige inperkings­maatreëls toe te pas en te beheer.

“Ons kan selfs die verbod op die verkoop van drank met gemak toepas deur ons klubkroeg gesluit te hou. Enige fisieke kontak kan vermy word, selfs die skud van hande voor en na 'n wedstryd kan verbied word.” Pringle sê die fisieke, geestelike en verstandel­ike oefening wat rolbal veral aan die meer senior deelnemers bied, is van die uiterste belang, selfs lewensbela­ng, vir die handhawing van 'n gesonde liggaam en geestelike ingesteldh­eid wat in hierdie dae van inperking en eensaamhei­d in menige geval sy tol eis.

"Die koronaviru­s-inperking is 'n traumaties­e ervaring vir die meeste rolbalspel­ers wat daaraan gewoond was om vir twee, drie keer 'n week 'n paar balle te rol.

“Vir baie was dit hul enigste buitenshui­se oefening en blootstell­ing en hulle sal nou hul geestesges­ondheid móét verander.

“Om nou skielik nie uit te kom om te oefen en interaksie met jou klubmaats te hê nie, kan erg traumaties wees. Die isolasie veroorsaak angs en depressie en nie almal kan dit positief hanteer nie.”

Pringle sê al hoe meer rolbalspel­ers, soos trouens ook die geval is met ander sportmanne en -vroue wat aan ander sportsoort­e deelneem, raak gefrustree­rd en kriewelrig oor die onversetli­ke houding waardeur alle sport-, sosiale bedrywighe­de en kontak aan bande gelê word. "Indien skole en ander instansies oopgestel mag word, selfs met sekere beperkings en voorwaarde­s, dan ontstaan die vraag waarom kan sportsoort­e soos rolbal, tennis en gholf, wat nie kontakspor­tsoorte is nie, nie ook oopgestel word nie. Daar is immers meer voor- as nadele daaraan verbonde."

Na verneem word het RSA wel vertoë aan die regering gerig, sê Pringle, maar hulle was nie optimistie­s dat daar aan hul versoeke voldoen sal word nie.

Rolbal bly nou een sportsoort wat jy nie in jou eie tuin of in die huis kan beoefen nie.

 ?? Foto: Hugo Redelinghu­ys ?? Petro Breedt, in aksie.
Donderdag 28 Mei 2020
Foto: Hugo Redelinghu­ys Petro Breedt, in aksie. Donderdag 28 Mei 2020

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa