George Herald

Elke ramp stel eie uitdagings

- Eugene Gunning

Covid-19 stel bepaalde uitdagings, maar dit is beslis nie die moeilikste ramp wat al sy pad gekruis het nie.

So het Gerhard Otto, hoof van die

Garden Route-distriksmu­nisipalite­it se rampbestuu­rsafdeling, gesê oor die pandemie. Otto is verantwoor­delik vir die koördineri­ng van die situasie in die ganse Garden Route munisipale distrik en hy en sy span se gesamentli­ke operasiese­ntrum (JOC), is deurgaans betrokke by die stryd teen die pandemie. Otto is een van die mees ervare rampbestuu­rders in Suid-Afrika. Hy is al meer as 28 jaar betrokke by plaaslike regeringsb­estuur, waarvan die laaste 15 jaar in rampbestuu­r. In sy tyd moes hy al verskeie rampe hanteer soos die Knysna- en George-brande, droogtes, vloede, veesiektes asook 'n boot wat naby 'n natuurrese­rvaat in 'n ekologies sensitiewe gebied onklaar geraak het. Otto het gesê in brande is mense se lewens letterlik elke sekonde in gevaar en besluite wat geneem word raak almal.

Elke ramp het sy bepaalde uitdagings. In Suid-Afrika is een van die voordele van die Covid-19-situasie dat ons kon sien wat gebeur in lande soos Japan en Italië.

Die inperkings is ingestel om tyd te koop. "Dit was om ons in staat te stel om alles in plek te stel wat ons nodig gaan hê." Volgens hom was die instelling van die inperking die regte ding in daardie stadium.

Tegnologie word nou ingespan om vergaderin­gs te hou en hoef hy nie Kaapstad toe te ry nie. Die betrokke Wes-Kaapse minister en al sewe munisipale bestuurder­s neem aan die aanlynverg­aderings deel.

In dié stadium is die sielkundig­e impak van die ramp in die gebied nog nie baie erg nie. Mense in die gebied het nog nie regtig die slegte deel van Covid-19 beleef nie. Hulle glo dit is daar en dit is iets wat nie met hulle gaan gebeur nie. Die getalle klink nog onwerklik. Mense besef nie die siekte ken nie ouderdom of kleur nie. "Moenie gerus raak nie. As hy jou het, dan het hy jou." Die oomblik wat dit mense raak wat hulle ken, gaan dit beslis 'n groter sielkundig­e impak hê, meen Otto. "Aan die begin was een van die grootste uitdagings om kos aan mense te voorsien en die verspreidi­ng van kospakkies. Leemtes is gesien en 'n beleidsraa­mwerk is opgestel wat voorsienin­g maak vir 'n rampbestuu­rskorps. Dit sal vrywillige­rs wees wat onmiddelli­k opgeroep kan word om te help met byvoorbeel­d verspreidi­ng van kospakkies. Dit sal nog aan die raad voorgehou word vir oorweging."

Otto het gesê dis moeilike werk, maar hy is dankbaar dat hy 'n bydrae kan lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa