George Herald

Terug kerk toe of nie bly ’n turksvy

- Eugene Gunning

Ofskoon kerkgeboue weer Sondag hul deure kan oopmaak, is dit nie 'n uitgemaakt­e saak dat dit oral gaan gebeur nie. Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondi­g dat alle erkende plekke van aanbidding onder streng voorwaarde­s weer hul deure mag open.

Baie gemeentes het die afgelope tyd van tegnologie gebruik gemaak om gemeentele­de te bereik en dienste in kerkgeboue is laas op 22 Maart gehou.

'Ons is oop'

Pastoor Johan du Toit van die Nuwe Lewe Bediening het gesê in hul gemeente sal daar wel Sondag 'n diens gehou word. Mense is reeds ingekry om die kerk skoon te maak. Gemeentele­de is ook genooi om aan te dui of hulle Sondag se diens om 10:00 gaan bywoon. Die eerste 50 wat reeds ingeskakel het, sal dit kan bywoon. Indien daar meer belangstel­ling is sal 'n tweede diens oorweeg kan word.

Mense wat Sondag die diens bywoon sal eers bepaalde prosedures moet volg. Hulle sal byvoorbeel­d moet inteken, hul temperatuu­r sal gemeet word, hul hande sal ontsmet word en hulle sal vrae oor griep/ verkoue moet antwoord. Aanwesiges sal op voorafgeme­rkte sitplekke sit wat nie naby mekaar is nie. Daar sal nie samesang wees nie en 'n voorsanger sal gebruik word.

'Ons is toe'

Ds. Bonganjalo Mbenegne van die Uniting Reformed Church in Southern Africa in Thembaleth­u, het gesê by die kerk sal geen dienste Sondag gehou word nie. Een van die redes is kommer dat die kerk gestigmati­seer kan word. Voorts word geld benodig om aan die vereistes te voldoen. As die infeksiesy­fer styg kan dit wees dat sommige politici die kerk daarvoor kan blameer.

Die kerk sal beslis in 'n later stadium sy deure open. Daar sal na die situasie in Julie gekyk word. Volgens hom mis bejaardes die kerkdienst­e, maar jongmense is meer bekommerd oor die virus. Sy standpunt is dat kerke wat aan die vereistes kan voldoen en opgeleide personeel het, hul deure moet oopmaak. (Read Rev Mbenegne's letter on page 25.)

'Ons besluit nog'

Ds. Pieter van Santen, voorsitter van die NG kerk se ring in George en leraar van die Tuinedal-gemeente het gesê by die gemeente moet die kerkraad nog besluit of deure weer gaan open of nie. Die kerkgebou is Maandag skoongemaa­k ingeval dit sou gebeur.

Hy is persoonlik ten gunste daarvan dat kerkgeboue weer hul deure open, maar nie ten koste van ander se gesondheid of die risiko van veiligheid. Die riglyne van die NG kerk se Wes-Kaapse sinodale struktuur bepaal dat elke kerkraad self kan besluit op grond van die konteks van die gemeente.

'Besluit vandag'

Pastoor Hilton Langeveldt van Tikvah House of Prayer het gesê die aangeleent­heid

'Te moeilik'

Pastoor John Smith van die JCI Church het gesê die regering het dit wel moontlik gemaak dat kerkgeboue se deure weer kan open, maar hulle maak dit baie moeilik. "Ons sal nie kan fokus op wat ons veronderst­el is om regtig te doen nie. Die terugvoeri­ng wat ons van kerkleiers kry is dat hulle dink die regering probeer paai."

“Hulle wil graag die kerkgeboue se deure open, maar "die vereistes wat gestel word is baie moeilik."

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Joël Moketsi besig om die kerkgebou van die NG kerk Tuinedal in George skoon te maak.
Foto: Eugene Gunning Joël Moketsi besig om die kerkgebou van die NG kerk Tuinedal in George skoon te maak.
 ??  ?? Sien ‘n video by
Ds. Bonganjalo Mbenegne van die Uniting Reformed Church in Southern Africa in Thembaleth­u.
Sien ‘n video by Ds. Bonganjalo Mbenegne van die Uniting Reformed Church in Southern Africa in Thembaleth­u.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa