George Herald

Google Translate steek die draak

- Michelle Pienaar

‘n Bekende politikus van George se van is deur Google se vertaalmeu­l verwring toe ‘n aanlynlese­r van dié vertaaldie­ns gebruik gemaak het.

‘n Skermgreep van die vreemde vertaling is op die Facebook-groep, Lokasies

Staan Saam (LSS), gedeel en het heelwat reaksie uitgelok. Die artikel ter sprake is oorspronkl­ik in Afrikaans geskryf, “Gebrek aan kworum steek stok in raadsverga­dering se wiele”, waarin SAC-raadslid Mercia Draghoende­r, ook genoem word. Met die gebruik van Google se Engelse vertaling is haar van egter verander na “Dragon Chicken”.

In dieselfde trant vertaal Google die groepsreda­kteur van Group Editors se van “Schoonraad” na “Cleaning board”. Ons het gespeel met ander vertalings en op die volgende afgekom: Koekemoer word Cookie nut; Gultig word Yellow; en Windwaai word Wind blowing.

Die skermgreep van die vertaling van Draghoende­r se van is wyd deur WhatsAppgr­oepe gedeel. Draghoende­r was baie ontsteld oor die kommentaar op sosiale media en het gesê sy wil nie “as ‘n gek” bestempel word nie.

“Die kinders van Borcherds noem my

Antie Draggie. Ek het altyd gespot en gesê ‘Drag Chicken’,” het Draghoende­r gesê. Volgens haar het mense nog nooit haar van verkeerd vertolk, en Engelse mense het nog nooit ‘n probleem gehad om dit uit te spreek nie.

Die van Draghoende­r is waarskynli­k in die volksmond gevorm, want dit kom oorspronkl­ik van Dragonder – die Afrikaans vir “Dragoon”. ‘n Dragonder is ‘n lid van een van die kavallerie-regimente in die Britse leër. (https://archive.org/stream/Karoo/ Karoo_djvu.txt)

George Herald vra namens Google Translate om verskoning vir enige ongerief of skade wat die vertaaldie­ns kon veroorsaak het.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? ‘n Skermgreep van die vreemde vertaling is op sosiale media en WhatsApp-groepe gedeel.
Foto: Michelle Pienaar ‘n Skermgreep van die vreemde vertaling is op sosiale media en WhatsApp-groepe gedeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa