George Herald

Matrikulan­te hou angstig asem op vir maskerbal

- Eugene Gunning

Minstens een skool het reeds sy matriekafs­keid gekanselle­er as gevolg van die onsekerhei­d oor Covid-19, terwyl dit by ander skole in die weegskaal is.

Die jaarlikse glansgelee­nthede by skole is iets waarna matrieks lank uitsien en geen moeite word ontsien om dit 'n onvergeetl­ike aand te maak nie. Maar hierdie jaar sal 'n maskerbal beslis voorkeur geniet.

Derick Petersen, hoof van Parkdene Sekondêr,

sê die skool het nog nie 'n finale besluit oor die matriekafs­keid geneem nie. Dit sal afhang van insette van byvoorbeel­d die skoolbehee­rliggaam, die ouers, die opvoeders en die leerders. "As die ouers nee sê sal dit nie aangebied word nie."

Volgens Titus is alle toere, sportaktiw­iteite en partytjies vir eers op halt gesit.

Mbuyiseni Edward Mgxaka, hoof van Hoërskool Thembaleth­u, het gesê in die stadium is hulle nie seker of dit wel aangebied gaan word nie. Dit is veronderst­el om in Junie plaas te vind. Dit sal waarskynli­k nie plaasvind nie.

Kobus Koekemoer, waarnemend­e hoof van Hoër Tegniese Skool Eden (HTS Eden), het gesê geen besluit is nog geneem nie. Daar is beperkinge op die bymekaarko­m van mense en die skool is uitgelewer aan instansies waar dit gewoonlik gehou word.

Adolf Gouws, hoof van Hoërskool Punt op Mosselbaai, het gesê die skool het sy matriekafs­keid vir Augustus beplan, maar dit sal nie realiseer nie. Hy het benadruk dat dit beslis nie van die baan is nie.

Die vraag is net wanneer? "Sodra ons dit kan hou, sal ons dit hou - al is dit in Desember."

Stephanus Potgieter, hoof van Langenhove­n Gimnasium op Oudtshoorn, het gesê ook by dié skool is geen finale besluit nog geneem nie.

Dit is wel deur die skool se bestuurspa­n bespreek. Hy het die hoop uitgespree­k dat daar nog verligting­smaatreëls sal wees sodat dit wel aangebied kan word.

Die leerlinge sien elke jaar baie daarna uit. Dit raak nie net die gr.12-leerlinge nie, maar ook die gr.11's want dit bied vir hulle moontlikhe­de om hul leierskapv­aardighede te wys met die organiseri­ng daarvan.

Vivian Prins, hoof van Kairos Senior Sekondêr op Heidelberg, het gesê by die skool sou dit op 3 April gehou word, maar is uitgestel. In die stadium is daar geen duidelikhe­id nie. "Ons sal kyk wat gebeur met die inperking en of byeenkomst­e gehou kan word."

André Latsky, hoof van Hoër Landbousko­ol Oakdale Riversdal, het gesê alles sal afhang van die vlak van inperking. "As dit beweeg na vlak 1, sal dit aangebied word. Al is dit net voor die matriekeks­amen. Indien moontlik sal ons dit graag vir die gr.12's wil aanbied. Hulle het sover nie 'n baie aangename jaar gehad nie."

Christo Vorster, hoof van Hoërskool Outeniqua in George, het gesê dis te vroeg om uitsluitse­l te gee. "In die stadium word alle sosiale byeenkomst­e deur die staat verbied.

Dis prematuur om nou te spekuleer of dit aangebied gaan word al dan nie. Ons sal dit egter graag wil aanbied."

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa