George Herald

Huiswerker­s: dís wat jy moet weet

- Louise Karsten

Huiswerker­s kon sedert Maandag 1 Junie weer terugkeer na hul werksplekk­e. Maar, terwyl die wêreld teen Covid-19 veg, wat is in die beste belang vir jou én jou huiswerker?

Professor Shaheen Mehtar van die Afrikainfe­ksiebeheer­netwerk sê weens die hoë aansteekli­kheid van die virus, is dit steeds beter om onnodige kontak met mense te vermy. Huiswerker­s staar egter finansiële onsekerhei­d in die gesig en meeste is gretig om weer te werk.

Vervoer

Sommige huiswerker­s woon in en is dus reeds op hul werksperse­el, maar baie huiswerker­s moet na en van hulle woning na die werksplek reis. Verbruiker­s van openbare vervoer word aangemoedi­g om dit met oorleg te gebruik.

Higiëne

Dit is belangrik om met jou huiswerker te gesels en seker te maak dat sy of hy oor die nodige handreinig­er en 'n gesigmaske­r beskik. Praat ook oor persoonlik­e higiëne en om sosiale afstand te handhaaf. As werkgewer kan jy ook self jou huiswerker vervoer of tydelik laat inwoon.

Die Wet op Basiese Diensvoorw­aardes vereis dat jy jou huiswerker siekteverl­of moet betaal wanneer hy of sy siek is. Dit is nou ook 'n goeie tyd om jou huiswerker vir werklooshe­idsverseke­ring te registreer.

Dit is die werkgewer se verantwoor­delikheid om toe te sien dat die werksomgew­ing skoon is en dat daar genoeg geriewe is sodat almal in die huishoudin­g gereeld hul hande kan was, 'n sosiale afstand kan hou, en persoonlik­e higiëne nagekom kan word.

Ooreenkoms

Die algehele sekretaris van die SuidAfrika­anse Huishoudel­ike diens- en geallieerd­e werkersuni­e, Myrtle Witbooi, doen 'n beroep op werkgewers om steeds hul huiswerker­s te vergoed, al word daar ooreengeko­m dat daar nie tydens die Covid19-tydperk gewerk word nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa