George Herald

Hallo, Maandag, we meet again

- deur Paula-Ann Smit

sommer Louise, behalwe die serp is om my mond en nie om my kop nie. Spotify raai reg dat ek Sweet Home Alabama wil luister. Het jy geweet nie een lid van Lynyrd Skynyrd was van Alabama nie? Jip. En, as jy nog onnodige inligting wou weet, die lengte van jou pols tot by jou elmboog is dieselfde as die van jou voet. Daar was ook nog nooit inheemse slangpopul­asies in Nieu-Seeland nie. Ek weet, ek’s pret by partytjies. Anyway, ek kom toe by die hekke van die park, en dié is toe soos ’n boek. So toe soos The Alchemist, deur Paulo Coelho, wat op my bedkassie lê, om presies te wees. Waaroor Madonna en Oprah aangaan weet ek werklik nie. Ek maak Twitter oop: net sekere parke mag tydens vlak 3-inperking besoekers ontvang. Ek moes fact check voor ek gery het, maar ag, ek wou dit so graag glo. Vriend woon in die Wes-Kaap; skole, parke, hulle is mos altyd ’n stappie voor.

Ek neem ’n paar foto’s, bewonder die Nqwebadam, en keer terug realiteit toe. In Cradockstr­aat ry ek verby twee mans met glimlagte groter as Trump se ego.

Hulle dra elkeen twee sakke van Tops - dis mos 1 Junie, die sluise is oop. Ek druk toeter, hulle waai. Miskien het sosiale distansiër­ing ons almal bietjie nader aan mekaar gebring, en dankbaar gemaak vir die klein dinge (sigarette vir party?) in die lewe. By die huis wag ’n pakkie van die ouerhuis. Binne is tuisgebakt­e beskuit en handgeskre­we briefies van die sibbes. 'n Avokadopee­r, nierbone en Milo-sjokolade is ook oor die provinsial­e-grens gesmokkel.

Miskien is Maandae nie so sleg nie, miskien is Maandae wat jy daarvan maak. Of miskien is Maandae maar net wat dit is: blou. Ten minste kom dit net een keer ’n week, en dis al amper weer Easy like

Sunday Morning.

Paula-Ann Smit is die redakteur van die Graaff-Reinet Advertiser.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa