George Herald

Afrikaans is my taal

-

Ben Erasmus, Mosselbaai:

Vir die afgelope 20 jaar wat ek hier in die gebied woon, het iets wat ek opgemerk het tot ‘n enorme grief in my binneste ontwikkel.

Dit is die miskenning van ons Afrikaanse taal.

As ons om ons rondkyk is al wat ’n besigheid se naam in Engels terwyl die mense wat daar werk skaars behoorlik Engels kan praat.

Kyk maar op besighede se geboue en hul trokke, trokkies en paneelwaen­s.

Kyk maar na die produkaand­uiding tussen supermarkt­e se rakke en hulle advertensi­ebiljette.

Verder sal ek seker nie ver uit wees as ek sê dat seker 90% van ons inwoners in die gebied Afrikaanss­prekend is nie.

Dan is ons ook nog in ATKV-wêreld.

Saam met Langenhove­n wil ek sê: “Engels, Engels net wat jy sien (en hoor), en so word my moedertaal vermoor.”

Alleen kan ek nie veel daaraan doen nie, maar het my voorgeneem om nooit weer by ‘n supermark iets te koop waar die produkaand­uiding tussen die rakke nie ook in Afrikaans is nie. Vir ’n geruime tyd al ontvang ek geen dokumente wat net in Engels is nie. Ek stuur dit terug en vra vir ‘n Afrikaanse een.

Onlangs het ek ‘n persoon wat my ‘n kwotasie moes gee vir ‘n onderhouds­taak aan my huis laat omdraai omdat alles op sy paneelwa in Engels was.

Ek wil ook my dank uitspreek teenoor besighede met Afrikaanse name.

Ek vertrou dat u die ondersteun­ing van die Afrikaanse gemeenskap sal ervaar.

U kan my nou maar name noem, maar ek is hipersensi­tief oor hierdie blatante miskenning van Afrikaans en ek maak geen geheim daarvan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa