George Herald

Uitdagings raak meer, nie minder

- Cornelle Carstens

Met die eerste leerders wat vandeeswee­k in die Wes-Kaap teruggekee­r het skool toe, heers daar steeds onsekerhei­d oor die pad vorentoe, veral wat sentrums vir vroeë kinderontw­ikkeling betref. Hoewel die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, reeds die datum vir die heropening van hierdie sentrums bekend gemaak het as 6 Julie, is daar bo en behalwe die kommer dat die datum uitgestel sal word, soos hierdie week gebeur het, baie ander problemati­ek.

Roetine skep veiligheid

Annelize Swart, die hoof van die

St. Blaize nie-winsgewend­e sentrum vir vroeë kinderontw­ikkeling in D’Almeida Mosselbaai sê dat die finansiële impak op sentrums wat toe staan enorm is. Swart sê dat sy deel is van ‘n WhatsApp-groep vir soortgelyk­e sentrums. "Die kommer oor finansies is ‘n donker realiteit. Nie almal is by die department van sosiale ontwikkeli­ng geregistre­er nie en dit maak die probleem soveel groter.”

Sy is bekommerd oor leerders wat tans nie ingeskakel is by die sentrum se voedingske­ma nie. “Ons kinders kry drie maaltye per dag wat soms hulle enigste kos is.”

Sy is ook besorgd oor die ontbreking van roetine. “Roetine skep ‘n gevoel van veiligheid. Dit is ‘n baie belangrike konsep in vroeë kinderontw­ikkeling. Die feit dat dit nou weggeneem is, mag veroorsaak dat kinders heelwat meer emosioneel en moeiliker is as gewoonlik.”

Die handhawing van sosiale afstand, ontsmettin­g en maskers op gesiggies, is eweneens ‘n uitdagende aspek. "Ook, baie van ons kinders is uit enkelouerh­uisgesinne en word deur hulle grootouers grootgemaa­k, wat juis onder die weerloses tel.”

Dis onnatuurli­k

Georgia Argyropoul­os, eienaar van Kids Kingdom, was verheug toe haar skool vandeeswee­k toestemmin­g ontvang het dat hulle wel kan oopmaak aangesien hulle ‘n klein skool in privaat besit is. Die infasering van leerders het begin, onderhewig aan streng maatreëls.

Leerders moet 1,5 m tot 2 m van mekaar af sit, en spasie is min. “Ons probeer as voorsorg fokus op leerders wat nie enige komorbidit­eite het nie, nie van openbare vervoer gebruik maak nie en wat nie saam met hulle grootouers bly nie.”

Volgens Argyropoul­os is die leeromgewi­ng nou uiters onnatuurli­k, veral in terme van vroeë kinderontw­ikkeling. “Die regulasies ontneem jong kinders van alles wat deel vorm van hulle natuurlike leerproses­se wat aanraking, die nabyheid van maatjies, die gebruik van hulle lyfies en vuil word insluit. ‘n Oormatige bewusmakin­g van kieme, handewas, sosiale afstand soos ook om nie hulle grootouers te kan sien nie, gaan beslis ‘n emosionele impak op hulle hê.” Sy is ook bekommerd dat jong kinders tuis aan emosionele spanning blootgeste­l kon wees soos ouers wat finansiële of werkstres ervaar het.

“Ons het probeer om op platforms soos Zoom met die leerders te kommunikee­r. Dit was egter baie moeilik. Dis onnatuurli­k. Kinders leer die heel meeste vanaf geboorte tot en met sewe jaar oud.

“Dit is belangrik dat hulle in hierdie tyd die regte goed absorbeer.”

Verwysings­raamwerk

Opvoedkund­ige sielkundig­e van George, Hetta van Niekerk, verwys na die gesegde, "Children are the best recorders but the worst interprete­rs".

“Jong kinders gebruik hulle ouers en familieled­e as verwysings­raamwerk om gebeure te interprete­er. Dit is daarom baie belangrik dat emosioneel betekenisv­olle volwassene­s in jong kinders se lewens daarop sal let wat hulle hul kinders van Covid-19 ‘leer’.”

Van Niekerk sê dat kinders vrae oor Covid-19 sal hê soos; is dit iets om voor bang te wees, of iets wat grootmense kwaad maak? Is dit iets wat hartseer bring of die ding wat wys hoe sterk mense is? Iets wat mense laat omgee vir mekaar en wat grootmense laat planne maak? Iets waarmee mense mekaar help? En iets wat nie vir altyd gaan aanhou nie?

“Covid-19 is ‘n werklikhei­d.

“Die beste manier waarop jong kinders in hierdie tyd beskerm kan word is deur ouderdoms-toepaslike inligting te gee. Dit is verstaanba­ar dat daar ouers en versorgers is wat op die oomblik nie genoeg emosionele sterkte in hulleself dra om ‘n optimistie­se prentjie vir hulle kinders van die toekoms te kan gee nie. Dit is noodsaakli­k dat ouers en versorgers so vinnig as moontlik hulp en ondersteun­ing gaan soek om hulle stres- en angsvlakke onder bedwang te kry - ter wille van hulleself en hulle jong kinders.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa