George Herald

Rugbyboek ’n grootse taak

- Cornelle Carstens en Eugene Gunning

As jy onder die indruk is dat die SWD sommer ‘n hierjyrugb­yunie is, sal jy jou standpunt moet heroorweeg. Daarvoor sorg drie goeie vriende en rugbyliefh­ebbers, Nico Steyn, Eddie Grieb en André Laubscher se boek.

Die boek, 100 Jaar van SuidWestel­ike Distrikte Rugby, 18991999, is onder aanmoedigi­ng van Lewies van Zyl, vir baie jare die SWD-rugbyunie se sekretaris, geskryf. Met rugbyunies wat in die algemeen met eeuwording ‘n gedenkboek uitgee, het SWD by gebreke aan een gebly, aangesien die unie in 1999 reeds 100 jaar oud geword het.

651 wedstryde

Die driemanska­p het ten doel om SA rugbygeski­edenis na te vors, veral op die platteland. Grieb, statistiku­s vir SA rugby, het al meegewerk aan soortgelyk­e boeke. Navorser André Laubscher het die nasionale biblioteek in Pretoria besoek vir ou koerantart­ikels. Hier was streekkoer­ante soos Mossel Bay Advertiser, Oudtshoorn Courant en George Herald van groot waarde. Nico Steyn het die skryfwerk gedoen. Met 651 wedstryde op SWD se kerfstok in dié 100 jaar, was die projek omtrent ‘n taak.

Hulle het in 2014 begin en oudspelers het gretig materiaal verskaf. Lewies van Zyl was veral behulpsaam met spanfoto’s van jare gelede tot 1999, toe SWD die 3de beste in die land was. SWD se spanne het uitgeblink, veral in die middel 1950's, middel 1960's, begin 1980's en laat 1990's.

"Die grootste frustrasie was om spanne of puntemaker­s van wedstryde van die 1910's tot 1940's op te spoor." In 2016 het die projek ‘n hupsoot gekry tydens ‘n reünie op Vleesbaai. "Dit was 'n regte rugbyontha­al."

Springbokk­e

"SWD was altyd 'n klein platteland­se unie wat hard moes baklei teen stedelike spanne met meer en groter spelers. Nietemin was daar goeie spelers en 'n hele paar Springbokk­e. Min mense weet dat SWD altesaam 27 Springbokk­e opgelewer het."

Dit sluit in PK Albertyn, wat in 1924 as Springbok-kaptein gekies is, terwyl hy per skip van Brittanje teruggekee­r het van sy studies om in George te kom rugby speel. Daar was ook sterre soos John Gainsford, Flippie van der Merwe, Loftie Fourie, Frans Erasmus en Anton Leonard. Paul Treu, wat destyds SWD se rekord vir die meeste drieë gehou het, het later vir die Blitsbokke gespeel én die span afgerig.

Vroeër jare het SWD altyd teen besoekende internasio­nale toerspanne gespeel. "Wedstryde is omtrent uitsluitli­k op Oudtshoorn, op die harde ‘Rec’rugbyveld gespeel. Wedstryde was in die middel van die week en pawiljoene stampvol."

Vir lekkerlees én deurblaai

Die skrywers meen dat die projek deur en deur die moeite werd was. "Tydens die AngloBoere­oorlog in 1899 het vier rugbyklubs Mosselbaai, George, Riversdal en Oudtshoorn, wat al 'n klompie kere interdorpw­edstryde gespeel het, besluit om 'n unie te stig. SWD se eerste wedstryd sou egter eers in 1910 plaasvind."

Steyn sê die opoffering van spelers wat destyds per ossewa na ander dorpe moes reis, gryp hom aan. "Daar was eers teen 1907 'n treinspoor wat by Mosselbaai uitgekom het."

Een interessan­te staaltjie was van Leon Barnard, vleuel van SWD wat gekies is as Springbok teen die Wallabies in 1933 op Nuweland. Op pad Kaapstad toe op die trein ontwikkel hy 'n pynlike pitsweer op sy knie en moes onttrek. Hy is nooit weer vir die Bokke gekies nie.

Die projek gee erkenning aan die 1 068 spelers wat SWD verteenwoo­rdig het. "Al die spanne wat ons kon opspoor van 1899-1999, is in die boek ingesluit."

Die skrywers sê die koronaviru­s het hulle boekbekend­stelling gekelder. "Ons wou graag oudspelers bymekaarkr­y vir 'n lekker partytjie, maar dit was onmoontlik."

"Die boek is vir mense wat in murg en been SWD-mense is," aldus die skrywers. "Bo en behalwe ‘n koffietafe­lboek, is dit ook 'n lekkerlees- of deurblaaib­oek, ideaal vir koronaviru­s- of beurtkragt­ye," skerts Nico Steyn.

Die boek kan aanlyn by www. spoetnik.co.za/af bestel word.

 ??  ?? Die boek, Distrikte 100 Jaar van
Rugby, Suid-Westelike vandeesmaa­nd 1899-1999, het verskyn.
Die boek, Distrikte 100 Jaar van Rugby, Suid-Westelike vandeesmaa­nd 1899-1999, het verskyn.
 ??  ?? Nico Steyn, Eddie Grieb en André Laubscher se jongste boek oor SWD-rugby mag dalk opinies oor rugby in die streek, heeltemal verander.
Nico Steyn, Eddie Grieb en André Laubscher se jongste boek oor SWD-rugby mag dalk opinies oor rugby in die streek, heeltemal verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa