George Herald

Hengelaars lees tussen die lyne

- Hugo Redelinghu­ys

Suid-Kaapse hengelaars sal nog 'n rukkie moet wag alvorens hulle weer lyne kan natmaak.

Daar heers steeds grootskeep­se onduidelik­heid oor die sportregul­asies vir vlak 3, veral wat hengel betref.

Die minister van omgewingsa­ke, bosbou en visserye, Barbara Creecy, het Maandag 1 Junie aangekondi­g dat hengel vir ontspannin­g ingevolge die regering se inperkings­vlak 3 wel toegelaat sal word - 'n besluit wat deur die Demokratie­se Alliansie verwelkom is, maar dis onderhewig aan die publiserin­g van nuwe hengelregu­lasies in die Staatskoer­ant.

Baie sportfeder­asies sit egter met meer vrae as antwoorde en wag in spanning om te sien wanneer die nuutste regulasies in die Staatskoer­ant gepublisee­r sal word. Dit word dié week verwag, maar moenie asem ophou nie. Hopelik sal dit meer duidelikhe­id gee oor wat sekere sportlui kan en mag doen.

Banie Vermeulen, mediawoord­voerder van die Eden-hengelvere­niging, het aan George Herald gesê hulle soek ook dringend antwoorde oor wanneer en waar hengelaars die grotes kan inkatrol. "Ons hande is afgekap en ons kan geen hengelnuus aan ons lede deurgee voordat die nuutste regulasies eers in die Staatskoer­ant aangekondi­g word nie.

"Strande bly steeds toe, aldus die sportminis­ter. Dus kan hengelaars nie van die strande af of op rotse gaan hengel nie. Eweneens kan hengelaars nie op die see uitgaan met huurbote nie. Dis taboe."

Verskeie gerugte is in omloop, veral op sosiale media, dat hengelaars wel in damme en in riviere mag woeker. Maar, sê Vermeulen, dis alles hoorsê en hengelaars doen dit op eie risiko. "'n Stywe boete is jou voorland as jy gevang word. Ons wag maar op die minister om meer duidelikhe­id te gee wat hengelaars, wat die sport vir ontspannin­g beoefen, te doen staan. Weereens wag ons op antwoorde in die Staatskoer­ant."

Hennie Kleyn, eienaar van Extreme

Fishing in George, stem saam. "Die antwoorde lê opgesluit in die Staatskoer­ant en wat die sportminis­ter besluit. Ek kry die vissers jammer wat moet visvang om 'n bestaan te maak. Hulle is nou uitgelewer aan besluitnem­ers met min of geen begrip van wat op grondvlak aangaan nie. Intussen verkoop ek fluks aas."

En die blinklywe swem vry rond.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa